Eksman worry nie meer oor hul kids

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

SO DRIE en ’n half jaar gelede het my man, met wie ek 19 jaar getroud was, gesê hy wil nie meer met my getroud wees nie.

Antie, hy het gesê hy kan nie meer voortgaan om te pretend om iemand te wees wat hy nie is nie.

Hy het gesê noudat sy ouers dood is, kan hy finally homself wees.

Hy het vir my en ons twee kinders gesê daar is niemand anders in sy lewe nie.

Maar hy het my daarvan beskuldig dat ek abusive was, hoewel hý die een was wat my regdeur ons huwelik emosioneel abuse het.

Voordat hy die huis verlaat het, het ek uitgevind hy was op verskeie dating sites en het op WhatsApp met ander vroue opgehook met wie hy seks gehad het.

Ek het myself vir STI’s laat toets, maar genadig was daar geen siektes nie.

Toe hy by ons uittrek, het hy by een van sy squeezes ingetrek. Ons kinders is nou die meeste van die tyd by my.

Hy betaal nou wel maintenance­, maar is nie veel deel van die kinders se lewe nie.

Antie, ek sukkel nou om my lewe te herbou. Ek is aan die verkeerde kant van 40 en daar is nie meer baie ordentlike mans wat in ’n vrou soos ek sal belang stel nie.

In die meantime geniet my eks hom gate uit.

Dis so asof ons nooit in sy lewe bestaan het nie.

Ek kan nog die seer hanteer, maar dit breek my hart om die seer in my kinders se oë te sien.

My selfvertroue is ook daarmee heen en dit voel vir my ek is nie goed genoeg om ooit weer ’n man te kry nie. – Plat­geslaan­, Whats­App

So met sy ouers se afsterwe kon hy finally dit wees wat hy sy hele lewe lank wou wees: ’n male jintoe.

Vrou, jy en die kinders moes behoorlik devastated gewees het toe hy die nuus aan julle oorgedra het. Dit moes die ding gewees het wat jy die minste verwag het.

Ongelukkig kry ’n mens mos maar nou stupid mans soos daai wat hulle ewe skielik nou jonk wil hou.

Tot die tr*lletjie pap bly en die banksaldo leegloop.

Dan wil hulle terughardloop na die vrou wat jare lank met hulle nukke en grille opgeskeep gesit het.

Jy is nog lank nie oor die muur nie en daar is nog goeie mans daar buite. Die truuk is om nie na hulle te gaan soek nie, want dan gaan jy jouself vasloop in scrap.

Liefde moet na jou toe kom, nie andersom nie. Dit is jammer dat hy verkies om nie in sy kinders se lewe te wees nie.

Hieroor gaan hy egter eendag ever so sorry wees ...


Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees