Eks wat vir jare verdwyn, val my nou kwaai lastig!

akkreditasie
Auntie Mona
Auntie Mona
~

Liewe Antie Mona

EK WAS meer as 10 jaar gelede in ’n verhouding met ’n man.

Antie, ons was seker so vier jaar saam, toe hy net verdwyn.

Sonder ’n woord, Antie. Nie eens ’n boodskap of rede oor hoekom hy verdwyn of nie meer in my belangstel nie.

Ek was baie lief vir hom, maar het geen ander keuse gehad om met my lewe voort te gaan nie.

Aan die begin was ek baie versigtig vir ander mans want ek was darem net te seer gebyt.

Antie, dit het my ’n hele paar jaar gevat om oor hierdie mansmens te kom.

Maar my pad kruis toe met ’n wonderlike man wat uit sy pad uit gegaan het om my op die hande te dra.

Ek was van die begin af eerlik met hom en het hom alles van die eks vertel.

Hy het steeds kans gesien vir my, hoewel ek maar ’n moeilike mens aan die begin was, want ek het verskriklike trust issues gehad.

Ons is hierdie jaar amper 2 jaar getroud en daar gaan nie ’n dag verby wat ek nie dankie sê vir die Here vir hierdie man nie.

Maar hier in Januarie, uit die bloute, kry ek ’n friend request op Facebook van die eks.

Ek was so geskok want hoewel ek oor die jare gewonder het wat van hom geword het, het ek nie meer geworry nie.

As ek nou terugdink, moes ek eintlik daai friend request dadelik delete het, maar ek het dit aanvaar.

FG was toe baie jammer en vol verskonings oor hy my destyds so gedrop het.

Tot hierdie uur kon hy my nie eintlik explain waar hy was nie, maar hy het gevra dat ek hom nog ’n kans moet gee omdat hy ná al die jare steeds lief is vir my.

Ek het mooi aan hom verduidelik dat ek getroud is, gelukkig getroud is, en geheel en al niks meer vir hom voel nie.

Maar dink Antie hierdie mansmens wil nee vir ’n antwoord vat?

Hy flood my timeline met boodskappe van hoe hy my mis.

Ek moet alles dan weer delete.

Hy video call my tot diep in die nag. Ek beantwoord nie een van sy oproepe nie, maar my man vra al wie so lastig is.

Ek kan dit nie oor my hart kry om vir my man te sê wie dit is nie, anders sal hy wil weet hoekom ek in die eerste plek die friend request aanvaar het.

Antie, die man het nie ore nie.

Hoe meer ek vra dat hy my moet uitlos, hoe meer hou hy dik.

Wat maak ek met hierdie man?

As ek hom blok, kry hy net ’n ander manier om weer kontak te maak. - Raadop, WhatsApp

Die eerste ding wat jy moet doen, is om eerlik met jou man te wees.

Knap ná dít, remove jy hierdie laspos van jou sosiale media platforms af. Eintlik moes jy dit al gedoen het.

Sien, hoe langer jy vat om jou man in te lig oor die ware toedrag van sake, hoe meer gaan dit lyk of jy inderdaad iets het om weg te steek.

En as jy jou man in jou vertroue neem, is hierdie ’n battle wat jy nie alleen hoef te fight nie.

Dan kan jou man ook mos inspring en ’n woord het met hierdie laspos wissel.

Newwermaaind waar hierdie eks al die jare was. Feit van die saak is hy het jou gedrop, van die aardbol af verdwyn en wil hom nou weer in jou lewe inwurm.

Wat het hy dan expect, dat jy op ’n hopie moet sit en mope, terwyl jy wag op sy terugkeer?

Hy het sy kans gehad en dit is hoog tyd dat hy dit in sy kop kry.

As hy dan nie sy verstand wil gebruik nie, sal daar gekyk moet word na ander ways om hom vas te vat.

Een so iets kan wees om ’n interdik teen hom te kry.

Hierdie man is besig om jou te harrass en as hy nie sy sin my jou gaan kry nie, gaan jy nog agterkom dat hy meer onbeskofter by die dag gaan raak.

Dit is belangrik dat jy hierdie issue aanspreek en uitsorteer voor dit wrywing in jou huwelik gaan bring.

En laat dit ook dan vir jou ’n les wees om ou koeie te los in die slote waar hulle hoort.

Die lewe is darem net te kort om goed te gaan soek wat kon gebly het.

Antie verstaan dat jy steeds vrae het oor hoekom hy jou gedrop het, maar jou lewe het mos vir die beter uitgedraai sonder hom.

Of hoe?

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees