Eks-girls veroorsaak wig tussen my en girl

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK IS ’n van P en ’n pa van twee kinders. Hierdie kinders is by twee verskillende vroue, Antie.

Ek is nie met een van die ma’s meer in ’n verhouding nie.

Ek en D gaan nou al vir twee jaar uit. Ons probeer vir ’n baba, maar nog niks maak nie.

Nou, Antie, ek is nie die perfekte pa nie, maar ek sorg vir my kinders.

Ek gee nie net die geld wat hulle toekom nie, maar ek spend ook tyd met hulle.

My meisie is ook nie snaaks met my kinders nie en aanvaar hulle.

Sy het van die begin af gesê sy sal nooit in die pad staan van ’n verhouding met my kinders bou nie.

Dis een van die baie dinge wat ek van haar hou en my elke dag liewer vir haar maak.

Maar my kinders se ma’s raak nou ’n probleem, Antie. Hulle is plein nasty.

Hulle het nog nooit van my meisie gehou nie, maar dinge is nou baie erger as vroeër.

Hulle stuur lelike messages aan haar. Hulle gaan selfs sover om haar te spot dat sy nie kinders kan kry nie.

“Dry womb” is maar van die lelike woorde wat hulle aan haar sê. Nie agter haar rug nie, maar in haar gesig.

Ek kan sien dat hierdie woorde my meisie baie seermaak. Daar is baie aande wat sy sommer in haar slaap huil.

Dit laat my baie magteloos voel. Ek het met hierdie vroue probeer praat, maar dan spite hulle my met my kinders en dreig om hulle weg van my te vat.

Hierdie hele besigheid veroorsaak baie tension tussen my en my meisie. Ons het in die verlede baie gepraat van trou, maar as ek nou die subject opbring, verander sy die topic.

Ek kan sien hoe slip sy elke dag van my af weg en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie.

Ek kan haar nie verloor nie. Sy is die een met wie ek die res van my lewe wil spend. N van P, Whats­App

Dit is mos sulke mense wat die lewe onsmaaklik kan maak.

Mense wat soggens, smiddae en saans asyn drink.

Dit is mense wat ’n mens nie in jou lewe wil hê nie, want alles waaraan hulle raak, orals waar hulle kom, saai hulle asyn.

Kom ons begin maar eers by die minder onaangename ding – as daar so iets bestaan in hierdie situasie waarin jy jou bevind.

Jy is die biologiese pa van daardie kinders, so jy het regte.

Geen vinger kan na jou gewys word soos daar gewys kan word na die tallose slapgat pa’s wat nie ’n duit vir hul eie vlees en bloed omgee nie.

En omdat jy al jou finansiële én emosionele pligte nakom, is daar nie ’n manier op hierdie aardbol hoe ’n hof jou ooit toegang tot jou kinders kan weier nie.

So ook nie die ma’s van hierdie kinders nie. Ja, hulle probeer jou spite, maar nee, hul dreigemente behoort nie ’n impak op jou verhouding met jou kids te hê nie.

Of hulle dit nou likes of nie, jy is in jou kinders se lewe.

Wat hierdie ma’s se houding teenoor jou meisie betref, dis pleinweg rou en gemeen.

G’n vrou doen hierdie dinge aan ’n ander vrou nie. Daar is geen, maar géén rede in hierdie lewe wat sulke gedrag ooit sal justify nie.

Dink hulle dan hulle het goue wombs wat ook nie enige mediese kwaal kan oorkom nie?

Ek hoop hulle lees jou brief en besef dat daar hier van hulle gepraat word, want ek wil hê hulle moet hoor dat jou gelag vir die situasie waarin ander hulle bevind, karma se oog na jouself kan laat draai.

Hulle behoort once and for all op hul plek gesit te word en mooi laat verstaan word dat hul gedrag en nasty woorde nie meer geduld gaan word nie.

Laastens, maar seker die belangrikste: jou meisie. Sy gaan tans deur erge pyn. Om só verneder en seergemaak te word, vat aan enige mens.

Jy moet baie mooi na haar kyk en laat sy altyd weet dat sy op jou kan staatmaak.

Laat haar weet dat jy altyd daar vir haar sal wees, maak nie saak of julle eendag ’n baby saam sal hê of nie.

Gee dinge tyd. Moet anyway nie dinge agterstevoor om doen nie. Jy hoef nie eers ’n kind saam te hê voordat julle trou nie.

’n Kind is nie ’n waarborg dat ’n paartjie saam sal bly nie. Waar daar liefde is, is daar altyd hoop.

En as julle lief is vir mekaar, is daar geen rede hoekom julle nie saam kan wees en saam ’n toekoms kan hê nie. Met of sonder kinders.

Dit is verskriklik moeilik om nie note te vat van al die negatiewe idiots rondom julle nie, maar julle moet saam tot by ’n punt kom waar julle besluit dat dit hier oor jul happiness en jul happiness alleen gaan. Alle sterkte daar!

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees