Ek wil nie pension met button-kop-jong deel

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK IS dringend op soek na advies oor die dilemma waarin ek myself bevind.Antie, ek is 27 jaar getroud met ’n man wat 13 jaar jonger as ek is.

Hy is die afgelope 20 jaar verslaaf aan dagga en buttons.

Hy steel my geld, verkoop my klere en steel goed uit my huis om te gaan verkoop...

Daar is tye wat hy glad nie eens huis toe kom nie.

Hy breek tot by sy eie dogter se huis in, en omdat ons nie sake teen hom maak nie, buit hy die situasie uit.

Skollies kom selfs tot by my voordeur en kom roep na hom. Hierdie dinge is baie scary, Antie.

Ek het al orals gaan aanklop vir hulp, want ek het op die punt gekom waar ek genoeg gehad het van sy dinge.

Ek kan dit nie oor my hart kry dat die wette so onregverdig kan wees nie. Om vir hom die helfte te gee van my geld wat ek 30 jaar voor moes gewerk het?

Hy werk nie. Ek haat die term “in gemeenskap van goedere” met ’n passie.

Ek kan nie sien dat as ek moet skei, ek die helfte van my geld en besittings moet gee aan ’n man wat nie werk nie.

Ek kan nie sien dat ek my jarelange sweet moet deel met ’n man wat my verbally, financially en emotionally abuse nie.

Hy sal net my geld vat, dit opmors en ’n druglord ryker maak.

Dit is met ’n seer hart wat ek Antie vra om my brief te plaas, want maybe is daar ’n laywer wat my kan help. – Anoniem, WhatsApp

Vrou, sover Antie se kennis strek, is daar nie ’n laywer op aarde wat verby die “binne gemeenskap van goedere”-klousule sal kan kom nie.

Wanneer ’n couple binne gemeenskap van goedere trou, raak hulle outomaties co-partners van hul gekombineerde besittings en alle finansiële assets.

Die nul in waarde wat jou man tot hierdie gekombineerde package bydra, maak ongelukkig dat hy wetlik aanspraak op jou belongings kan maak.

Antie verstaan volkome die penarie waarin jy jou bevind en hoe ’n pyn dit moet wees om jou swaarverdiende geld met hierdie man te moet deel sou jul huwelik tot ’n einde kom.

Jy is die een wat dekades lank, elke winter en somer, moes uitkruip om die pot aan die kook te hou.

En om al hierdie opofferings te moes deurmaak en dan jou geld met só ’n nagmerrie van ’n man te moet deel, voel eenvoudig nie reg nie.

Jy moet egter weet dat daar ander opsies as skei is.

Laat Antie eers baie clear wees: ek wens niemand dood of tronk toe nie.

Maar deur hom toe te laat om julle so te besteel, enable julle vir jare lank al sy kriminele dade.

Niks keer jou en jou dogter om ’n saak teen hierdie man te maak sodat hy gaan boet vir hierdie diefstalle nie.

En as hy in die tjoekie is, het jy rus en vrede in jou gemoed en in die huis.

Wie weet, dalk is ’n stint agter tralies ook net die regte medisyne wat hy nodig het om sy dinge te laat staan?

Watter man wat sy sout werd is, besteel sy eie vrou en kind?

Geen mens met ’n gewete doen mos so iets nie.

Maar hy kry lekker en kom daarmee weg, want hy weet julle laat hom daarmee wegkom.

En wegkom daarmee is iets wat hy al 20 jaar lank enjoy.

Tot jy en jou dogter nie plak vasmaak en besluit om nie langer hierdie dinge te duld nie, sal hy hiermee voortgaan.

En vir solank as wat julle aanhou om in silence te suffer, sal daar elke keer ongure karakters aan jul deur kom klop op soek na hul button-kameraad.

Want sien, hierdie karakters weet hy is ’n button-kop wat sy vrou en kind as cash registers inspan.

Ons is wie ons is en deels omdat ons dinge allow om ’n influence te hê op wie ons is.

Vrede gaan daar nie in jou huishouding wees vir solank as wat jy hom net toelaat om met hierdie afskuwelike gedrag van hom weg te kom nie.

Daar gaan nie peace of mind in jou lewe wees as jy hom oor en oor en oor net aanhou vergewe en elke verlies wat hy jou aanrig, net afskryf nie.

Otherwise as jy nie jou geld wil deel nie, sal jy maar moet wag totdat die dood hom eendag moet kom haal.

Soos jy egter nou al moes agtergekom het, is nie eens die doodsengel lus vir hierdie man van jou nie.

As jy dus nie jou geld wil deel nie, sal jy daaraan moet begin dink om hom te pos na ’n plek toe waar hy baie tyd sal het om oor sy sondes te besin.

Of jy sal maar sterk moet wees en besef jy kla oor dinge wat jy by magte is om te verander.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees