Ek wil haar berk wees, nie haar tjommie nie

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK SIT met ’n dogter wat nie kan sien hoe destructive haar boyfriend is nie.

Ek het al van die begin af gesien hierdie mannetjie is up to no good, maar sê dit nou vir ’n kind wat niks verkeerds van hom wil hoor nie.

Hulle date seker nou so ses maande en ek het sommer met sy eerste besoek by ons huis gesien hy is ’n probleem.

Antie, hier is dit nie die geval van ’n pa wat nie wil hê enige jong man moet sy dogter date nie.

My dogter is 22 jaar oud en ons het haar verstandig grootgemaak. Sy weet wat reg en verkeerd is, maar wanneer dit by hierdie ou kom, staar sy haar blind teen sy foute.

Hy het geen respek vir ons wat haar ouers is nie. Kan skaars ordentlik groet en weet nie hoe om met ’n mens te praat nie.

Lus

Verder bly hy aan geld soek by haar. Sy is ’n student en die toelaag wat ons haar gee om haar eintlik deur die maand te dra, moet met hom gedeel word.

Hy kom soos daai ouens uit wat werk as hulle lus het en sover ek weet, werk hy nie op die oomblik nie.

Hy sal sommer heeldag by ons huis kom uithang, ons yskaste oopmaak soos hy lus het en dan mag niemand iets vir hom sê nie.

Ek was al by kere baie lus om hom aan die kraag te gryp en by die huis uit te smyt, maar dan keer my vrou my.

Dit is egter net ’n kwessie van tyd voordat ek my moer liederlik gaan strip vir hierdie mannetjie.

Ek het met my dogter probeer praat, maar sy sal sommer uit die gesprek loop en dan sê ons gun haar nie happiness nie.

Maar watter happiness is dit dié waar sy hom moet soebat om tyd met haar te spend en waar sy hom moet onderhou? — Raadop Pa, WhatsApp

Ons maak baie ’n punt daarvan om sover as wat ons kan, ons kinders ook streetwise groot te maak.

Juis om hulle bewus te maak van die groot uitvreters van die lewe.

Maar verliefdheid kan ’n ander ding wees! Sy sien net mooi niks raak van wat jy haar probeer touwys maak nie. Daarvoor is daar op die oomblik net te veel butterflies wat in haar maag fladder as sy net aan hom dink.

Maar die skille sal eventually van haar oë afval. Met tyd.

En dit is wat julle haar moet gee: tyd.

So moeilik soos wat dit vir jou as ouer is om te moet toekyk hoe jou dogter vir ’n ride gevat word, sal dinge net tot ’n einde kom as sy by haarself besef but wait a minute, ek is mos niks anders as hierdie ou se ATM nie.

Dán sal jy sien hoe gou sy van hom ontslae raak en sal sy dan hopefully aan julle erken dat julle heeltyd reg was.

Wat hierdie ou se gedrag betref, bly hy ’n gas in julle huis wat die rules van die huis moet nakom.

Deur vir eers jou humeur in toom te hou, het jy die volste reg om hom op dinge te wys wat jy nie bereid is om onder jou dak te duld nie.

Jý is die huisbaas. Hy is die gas. Jy mag hom maar sonder om hom aan die kraag beet te kry, gereeld hieraan remind.

Liewe Antie Mona

EK HET ’n crush op ’n col­league van my, maar dit lyk nie of sy my raaksien nie.

Ons is lekker tjommies en sy deel altyd haar issues met my.

Sy het al in ’n conversation genoem dat ek haar male bestie is en die broer is wat sy nie het nie.

Maar, Antie, ek wil nie haar broer wees nie, ek wil haar boyfriend wees! Ek is bang om haar te sê hoe ek voel, want ek wil haar nie as vriend verloor nie. But ek kan ook nie ophou dink aan haar nie. Anoniem, WhatsApp

Liefie, as ’n meisie jou eers as ’n broer of ’n bestie sien, is daar maar min kans dat sy enige romantic gedagtes oor jou het.

Sy het die vrymoedigheid om teenoor jou af te pak, want sy voel ’n friendship of brotherly love vibe teenoor jou.

Daar is diegene wat nou nog kliphard daai song “Friends Can Be Lovers” sal sing, en Antie wil vir jou sê dat dit hoegenaamd nie onmoontlik is dat daar iets meer as vriendskap tussen julle sal wees nie. Kyk maar eers die kat goed uit die boom en besef die dag wanneer sy eers met jou gaan praat oor ’n crush op ’n ander outjie, dat sy niks anders as ’n “sussa” vir jou sal wees nie.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees