Ek kan nie kies tussen manlief en skelmpie

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK SIT met ’n helse probleem en kan nie my mind opmaak nie.

Ek is getroud, maar sien ook iemand anders.

My man werk nie en dinge gaan finansieel nie lekker nie.

Met my man moet ek worry wat ons vanaand eet en moet ek goed verkoop vir geld.

My man gebruik ook dwelms. Die ander man kyk mooi na my, Antie, en gee my als wat ek wil hê.

My familie hou baie van die man, want hulle sien hy kan na my kyk.

Antie, ek is lief vir my man en het ook gevoelens vir die ander een.

Ek bly tans by ’n vriend omdat my man my laas geslaan het. Toe besluit ons om dit te beëindig.

Voortgaan

Ek en die ander man is bymekaar, maar ek en my man sien mekaar skelmpies.

Ek het gegaan vir skei, maar nog nie my man gesê dat ek voortgaan met die egskeiding nie.

Ek weet wat ek doen, is nie reg nie. Antie, help my, asseblief.

Moet ek skei of moet ek my man nog ’n kans gee?

Hy het belowe hy sal weer werk kry en ek moenie opgee op hom nie, maar ek weet nie.

Ek kan nie so aangaan nie. Wat moet ek doen? — Anoniem, Whats-App

Die keuse om te skei of nié sal altyd joune en joune alleen bly.

Jou huidige situasie kom egter daarop neer dat jy jou brood alkant gebotter het.

Aan die een kant is daar jou man met wie jy wettig getroud is, maar tans nie meer mee saambly nie en wat jy nou in die geheim sien sodat jou familie en vriende nie daarvan uitvind nie.

Aan die ander kant is daar ’n man met wie jy in ’n buite-egtelike verhouding is en wat in jou financial need saai.

So, wat is vir jou die belangrikste: geld of liefde?

Jou man werk nie, gebruik dwelms én lig sy hande vir jou.

Baie beslis nie ’n goeie kombinasie nie.

Maar as jy uit hierdie huwelik wil kom, sal jy eers jou egskeiding moet afhandel voordat jy by enige iemand anders betrokke raak.

Wat jou skelmpie betref, is dit belangrik dat jy jou afvra of jy saam met hom is vir die financial security of is dit omdat jy regtig ook iets vir hom voel.

Is jou familie ook baie impressed met hom oor die mens wat hy is of oor hulle dollar signs in hulle oë kry wanneer hulle hom sien?

Jy kan nie vows en principles verkoop vir ’n cosy lewe nie.

Aan die ander kant kan jy ook nie vows wil eerbiedig terwyl jou man jou abuse, meer in dwelms belang stel en glad nie wil uitkruip vir werk nie.

Jou mind sal jy moet opmaak, sussa.

En wat ook al jy besluit, sal jy by moet bly, want met Kain en Abel kan jy beslis nie dieselfde tyd wil jol nie.


Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees