Ek is soms lus en smyt kos in my man se gesig

akkreditasie
Auntie Mona~
Auntie Mona~
~

Liewe Antie Mona

DIE getroude lewe is nie wat ek gedink het dit gaan wees nie.

Ek sit die heeltyd opgeskeep met ’n man wat net reg wil wees en niks anders wil verstaan nie.

Antie, ons is nou drie jaar getroud, maar ek het klaar genoeg gehad. Ek kan al hierdie drama nie meer vat nie.

Die snaaksste van alles is dat hy nie so was toe ons ontmoet en nog gedate het nie.

Twee jaar gelede het hy handomkeer verander. Toe begin hy vermakerig oor sy pay raak.

Vir my is gesê ek hoef nie te werk nie, hy sal vir my sorg.

Nou moet ek soos ’n klein kind verslag doen oor elke sent en dan wil hy nog vir my kom vertel ek weet nie hoe om met geld te werk nie.

Ek moet ook gedurig hoor hoekom maak ek nie die kos soos sy ma nie, of sy ma sou só en só gemaak het.

Daai oomblik voel dit mos ek kan sommer die bord kos in sy gesig gooi.

Hy is 27 en ek is 24 jaar oud. Ek is baie jammer en spyt, maar ek kan nie vir die res van my lewe só leef nie.

Dink Antie dat dit is maar beter om te skei? – Anoniem, WhatsApp

Liefie, trou was nog nooit perdekoop nie.

In fact, die lewe is vandag so duur dat ’n mens skaars ’n halwe perd kan afford.

’n Huwelik is nie ’n maklike ding nie. Dit verg harde, harde werk van albei partye se kante af.

Niemand behoort eintlik meer daai fairytale liegstories van die movies te glo nie.

Veels te dikwels trap mense in daai strik van “ek sal vir jou sorg” waar dit nie lank is nie, dan raak die een vermakerig oor sy/haar geld.

G’n huishouding kan ook deesdae afford om heel maand met net een salaris uit te kom nie.

As jy getroud is en verantwoordelikhede het, besef jy baie gou een maand kan soos 100 dae voel.

Deur jou eie salaris te verdien, stel dit jou ook in staat om binne jou huwelik steeds independent te kan wees.

Wat Antie dus vir jou probeer sê, is om eers vir jou werk te kry en aan die issues in jou huwelik te probeer werk voordat jy sommer die handdoek ingooi.

Skei kan byvoorbeeld eers ’n opsie wees as julle alle avenues probeer het om van die haakplekke in jul huwelik ontslae te raak.

Verder moet jou man onthou dat hy met jou en nie sy ma getrou het.

As hy dan so ’n mommy’s boy is, moes hy dalk nooit getrou het nie, want jy is jou eie vrou en dis klaar wat dit so is dat hy vrede met jou kos moet maak. Sy hande is ook nie tête nie en as hy dan van beter voor die kospotte weet, kan hy mos gerus ook inspring en met die kos help. Die groot uitdaging van ’n huwelik is om te besef dat nie een party aanspraak kan maak om dinge net 100% hul way te kry nie.

As julle nie bereid is om mekaar halfway te meet nie, gaan julle meer stry as cuddle. Dis ’n feit.

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is vyf jaar getroud en ek en haar kind kom nie oor die weg nie.

Hy is 12 jaar oud en verskriklik onbeskof met my. Ek probeer hom net reghelp, maar hy wil niks verstaan nie. En as daar ’n stryery uitbreek, vat my vrou altyd sy part.

Ek is nou gatvol vir hierdie besigheid en is baie lus om my goed te vat en te f*kof. – Gatvol Stiefpa, WhatsApp

“Haar kind.”

Sien, dit is waar jou probleem begin. Die dag toe jy besluit het om met haar te trou, was hierdie kind deel van die package en nie ’n individu op sy eie nie.

Verder is daardie seun op daai soms moeilike, rebelse stadium van sy lewe waar hulle mos teen alles rebelleer. Respek kom van twee kante af. Respek sal nooit wees as dit net in ’n one-way straat operate nie.

Antie sê glad nie dat jy buddy-buddy met die seun moet speel nie, maar het jy al ooit gewonder hoe anders dinge sal wees as jy van jou kant, van jy wat die volwassene is se kant, probeer om hom tegemoet te kom?

Kan jy imagine hoe ’n plesier jou huwelik dan sal wees? Daar is g’n ma op aarde wat in so ’n situasie haar kind gaan afstaan nie.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees