Ek is hêppie by jolvrou, maar dink aan 3 kids

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

DIT is nie maklik vir my om hierdie brief aan Antie te skryf nie.

Ek weet sommer dat daar baie gaan wees wat my gaan kruisig en sal sê dat ek my eenvoudig net uit die situasie moet kry.

Maar as mense nie in jou skoene staan nie, dan is dit nie so ’n eenvoudige saak nie.

Antie, ek is hierdie jaar 15 jaar getroud met ’n meestal wonderlike vrou en 3 pragtige dogters.

Veral my dogters is alles in my lewe en ek sal enigiets vir hulle doen.

Wat my vrou betref, kom ons goed oor die weg. Antie weet mos maar oor die jare van getroude lewe raak ’n mens meer soos suster en broer.

Daar word meer oor die kinders gepraat as ons verhouding en om eerlik te wees, raak die seks maar boring.

Hoer

Ons praat nie eintlik oor dié dinge nie, maar ek is seker sy vind seks ook as iets wat maar gedoen moet word, want ons is mos getroud.

Twee jaar gelede was ek baie gefrustreerd met hoe dinge in my huwelik is.

Ek het deur die jare alles gedoen om die vlam van romance nog hoog te laat brand, maar my vrou het maar min van haar kant af gedoen.

Ek moes baie hoor: Hoekom gaan kry jy nie vir jou ’n hoer nie?

Wel, Antie, ek het toe vir my iemand anders gekry. Sy is nie die “hoer” soos wat my vrou neer­halend na haar eie geslag verwys nie, maar ’n ordentlike vrou.

Ek was van die begin af eerlik met haar daaroor dat ek getroud is en dat ek haar baie likes. Tot my verbasing het sy gesê dat sy ook baie van my hou en hoewel ek getroud is, kan sy nie help hoe sy oor my voel nie.

Ons het mekaar toe begin sien en sien mekaar al byna twee jaar in die geheim.

Ek is nie trots op wat ek doen nie. Dit pla my baie, maar wat anders staan my te doen?

My vrou is so koud en afsydig. Raak ek net aan haar, sien ek hoe trek haar lyf styf, want sy dink al weer ek soek seks. Eintlik raak ek so aspris aan haar net om weer aan myself te bewys dat ek rede het om te doen wat ek doen.

My secret love maak my happy. Sy sal vra hoe dit met my gaan, ek kan my gelukkige en gefrustrerende oomblikke met haar deel en die seks... seks is nie alles in die lewe nie, maar dit wat ek by haar kry, is hemels.

Sy weet hoe om ’n man te treat en ons gaan uit ons pad om so veel moontlik tyd saam deur te bring.

Nie vir een oomblik het sy my al gevra om my familie te verlaat vir haar nie. Maar ek is nou op daai stage waar ek haar nie skelmpies wil sien nie. Ek wil elke oomblik met haar deurbring en ’n lewe saam haar bou.

Maar my drie kinders laat my skuldig voel, Antie. Ek wil nie iets doen wat hulle sal seermaak nie.

Hoe hanteer ek dit? Ek is al suf gedink en kan net nie met ’n oplossing vorendag kom nie. Anoniem, WhatsApp

Jou kop sal suf gedink wees, want maak nie saak hoe jy aan solutions probeer dink nie, daar is nie een nie. Maak nie saak watter kant toe die wind gaan waai nie, mense gaan seerkry.

Pleks van hierdie dinge agter jou vrou se rug doen, sou die regte ding gewees het om maar vir ’n egskeiding te gaan.

Natuurlik sou dit jou kinders se wêreld heeltemal op sy kop gegooi het, maar kinders is meer resilient as waarvoor ons hulle krediet gee.

Daar is baie kinders in vandag se lewe wat moet grootword in ’n environment waar mommy en daddy nie meer onder een dak woon nie. Dit is nie ideaal vir ’n kind nie, maar it is what it is.

Waarmee jy tans besig is, is gruwelike egbreuk.

Antie het simpatie met die situasie waarin jy jou bevind, maar nie met hoe jy daarmee deal nie.

Jy moet verstaan dat jou vrou, hoe ongelukkig sy jou ook al maak, nie ’n gun teen jou kop hou nie.

Niemand staan dus in jou pad om ’n einde aan hierdie huwelik te maak en steeds daar te wees vir jou kinders nie.

Jy sê jy wil nie jou kids seermaak nie, maar het jy al imagine hoe hulle die dag gaan voel as hulle uitvind waarmee hulle pa al ’n paar jaar besig is?

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees