Ek het nou diep feelings vir getroude skelmpie

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK HET teen my beterwete laas jaar opgehook met ’n getroude man.

Ons het op ’n dating site ontmoet en hy was van die begin af eerlik met my.

Antie, die man het my knieë lam gemaak. Hy het gesê hy is net op soek na pret en niks ernstigs nie.

Hy het aan my gesê dat hy nie van plan is om sy vrou te los nie. Hulle het drie kinders saam.

Hy wou net sy lewe ’n bietjie exciting maak omdat sy vrou nie meer so baie aandag aan hom gegee het nie, as Antie weet wat ek bedoel.

Hy is 45 jaar oud en ek 25. Daar is 20 jaar ouderdomsverskil tussen ons, maar dit pla my glad nie.

Hy is nog gebou soos ’n man in sy 20’s, gaan gereeld gym toe en weet hoe om lekker aan te trek.

Ons ontmoet altyd skempies in ’n luxury hotelkamer en hy spoil my behoorlik.

Happy

So een of twee keer ’n jaar kry ons dit selfs reg om vir ’n hele naweek weg te glip. Dis dan hemels, want ek kan dan die volgende oggend in sy arms wakker word.

Ek moet eerlik wees: Ek voel lankal nie meer sleg oor dit wat ons doen nie.

Hy maak my happy en ek is net spyt dat ons nie meer tyd saam kan spend nie.

Ek het hom al gevra hoekom hy nie maar sy vrou los nie, maar hy bly net sê die tyd sal leer oor wat hom te doen staan.

Antie, ek het diep, diep feelings vir hierdie man. Ek wil elke dag saam hom spend en nie net gesteelde oomblikkies nie.

Maar hoe gaan ek te werk? Ek voel ons twee hoort saam en hy kan mos steeds ’n verhouding met sy kinders het.

Is dit dan so verkeerd van my om ook net happy te wil wees? Anoniem, WhatsApp

Liefie, geluk het nog nooit gehou as dit op ander se ongeluk gebou word nie.

Jy kan eenvoudig nie jou fairytale-lewe op ’n ander vrou se trane wil bou nie. ’n Ander vrou wat nie eens bewus daarvan is wat julle agter haar rug doen nie.

Op hierdie oomblik is jy niks anders as ’n high-class skelmpie vir hierdie man nie.

Antie gee nie ’n duit om hoe goed gebou hy vir sy ouderdom is nie. Hy is sleg gebou vir sy vrou en kinders wat hierdie nie verdien nie.

Sy vrou verdien beter as hierdie.

Dit is kommerwekkend dat jy nie eens meer sleg voel oor dit waarmee julle mee besig is nie.

Dit is ’n sad, sad dag as ’n mens die vel oor jou gesig verloor.

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is al langer as 20 jaar getroud.

Sy het ook so ’n paar maande gelede begin met hierdie menopause excuses van haar. Haar goed gevat en spaar­kamer toe getrek.

Daar was niks verduidelikings, behalwe dat sy nie meer in hierdie huwelik seks gaan het nie.

Ek sê toe oukei, dan kry ek vir my iemand anders. Waarop sy toe op my skree en dreig om my kaal uit te trek in die skeihof.

Maar wat anders kan ek doen? Ek is nog ’n hupse, gesonde man met behoeftes.

Moet dié needs van my dan nou ook op vakansie gaan? Ek het in ’n ander brief van Antie gelees dat menopause tot 14 jaar kan duur.

Moet ek en my Meneer dan nou ’n 14 jaar break vat? Diep Ongelukkig, WhatsApp

Die fisiologiese veranderinge wat een of ander tyd in elke vrou se lewe plaasvind, kan verskriklike ongemak te weeg bring — veral as dit by die intieme kant van ’n huwelik of verhouding kom.

Maar menopause behoort regtigwaar nie die einde van ’n couple se sekslewe te wees nie. Daar is ander ways en means oor hoe die drogerigheid van die lewe aangespreek kan word.

En daar is meer as genoeg ander, vindingryke ways oor hoe om die vlam van die slaapkamer steeds aan die brand te hou.

Dié ways kan uitgefigure word as couple minder op mekaar gil en meer met mekaar praat — op ’n beskaafde, ordentlike manier.

Daar is baie wat nou vir jou sal sê doen jou ding, gaan kry jou ding in die Voortrekkerweë van die lewe.

Maar Antie sal sê dryf hierdie issue op die spits en kyk vir ways hoe jy en jou vrou sáám seker kan maak jou slaapkamer word nie ’n woestyn nie. Julle huwelik is immers hier op die spel!

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees