Ek het genoeg gehad van ‘man van duiwel’

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK IS V van Grassy Park en is nou vier jaar getroud met ’n man wat my verbally abuse.

Antie, hy was voorheen getroud, maar het toe geskei. My vorige man is nou al 17 jaar oorlede.

Ek het met my huidige man getrou toe my man al 12 jaar dood was.

Hy loop kerk, maar is so van die duiwel soos wat die duiwel homself nie kan wees nie.

Hy kan nie met my praat nie, maar buite ons deur groet en praat hy met al wat ’n rok dra.

Hy praat ook nie met een van my kleinkinders nie.

Ek wil graag weet wat ek moet doen. Hy is baie geheimsinnig.

Antie, ek wil uit hierdie huwelik stap want ek kom nie uit so ’n familie nie.

Hy het dieselfde met sy eerste vrou gedoen, nou dink hy hy kan dieselfde met my doen. Maar ek gee nie krag weg nie.

Hy sal vroumense sommer voor my bel en vra waar hy hulle moet kry.

Ons slaap nie eens meer in een bed nie. — V van Grassy Park, WhatsApp

Dit is hierdie einste gedrag van hom wat sy eerste huwelik laat vou het.

Maar pleks om destyds aan die issues in sy lewe te werk, ploeter hy net voort deur die lewe met die een, onaangename persoonlikheid wat hy ken.

Vrou, met vier jaar van getroude lewe behoort julle nog eintlik in die honeymoon phase te wees, maar ná net vier jaar deel julle nie eens meer ’n bed nie.

Dit klink nie vir Antie of daar veel van ’n huwelik vir julle is nie. Verder is hy ook maar lekker childish om vir ’n grootmens jou met ander vroue te wil spite.

Dit bly natuurlik ook ’n ope vraag of hierdie alles net by spite bly en of sy geheimsinnigheid maybe beteken dat daar meer as net spite flirt plaasvind.

Die keuse of jy ’n einde aan hierdie huwelik wil maak, is joune en joune alleen.

Antie sukkel net om te verstaan hoe julle in die eerste plek kon trou terwyl julle op die oog af nie veel in common het nie.

Niemand kan jou egter force om in ’n marriage te bly waarin jy diep ongelukkig is nie.

Dit is jou volste reg om dinge te doen wat jou happy gaan maak.


Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees