Die lewe behandel my maar stief van begin af

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK HET my ma op ’n baie jong ouderdom verloor. Antie, ek was maar drie jaar oud toe my ma dood is.

Ek moes toe by my ouma gaan bly, maar was in gr. 3 toe my ouma ook sterf.

My lewe was toe van daardie jong ouderdom af deurmekaar en ek het nooit ’n vaste blyplek gehad nie.

Vandag is ek 33 jaar oud en het steeds nie ’n blyplek nie.

Ek het ’n seuntjie van 4 jaar oud, wat saam met my op en af moet swerf.

Laas jaar het ek my werk verloor – juis omdat ek nie blyplek het nie.

Wat staan my te doen, Antie?My kind moet een van die dae skool toe gaan en ek kry hom baie jammer. – L.A., WhatsApp

Dit is baie hartseer dat die lewe jou van ’n baie jong ouderdom af al stief behandel.

Daar was nie veel tyd vir jou om net kind te wees nie. Ek wens ek kon jou ’n stywe drukkie gee.

Dekades later wil dit blyk asof die hardships jou steeds nie wil uitlos nie.

Maar Antie wil jou bemoedig deur aan jou te sê dat dit nie vir altyd winter in jou lewe kan wees nie.

Die plan moet wees om so gou as moontlik weer ’n werk te kry sodat jy weer ’n ordentlike dak oor jou kop vir jou en jou seuntjie kan hê.

En as jy weer ’n werk kry, kyk dan uit vir blyplek daar naby sodat dit nie weer ’n issue moet wees om by die werksplek uit te kom nie.

Antie hou albei duime vas dat werk binnekort aan jou deur sal kom klop en dat dit die begin sal wees van ’n rooskleuriger toekoms.

Liewe Antie Mona

VIR so lank as wat ek kan onthou, is my man ’n probleem.

Antie, die man rook buttons asof dit sigarette is. Ek skel en skel, maar hoor is min.

Ons kinders raak groot, maar hy wil nie grootword nie.

Hy het nou weer sy werk verloor, Antie. Hulle doen random drug-toetse by sy werk en natuurlik het hulle gesien hy is vol drugs.

Ek het hom in die verlede gewaarsku, maar toe hou hy hom slim.

Nou gaan ons sonder sy income sit en ek verdien nie genoeg om almal ons monde te voed nie.

Hy wil steeds nie erken dat hy verkeerd was nie.

Sy manager is baie understanding en het aan my gesê hy is ’n goeie werker, maar dat sy dwelmprobleem nie ignore kan word nie.

Ek sit en huil nou terwyl ek hier aan Antie skryf, want die rekeninge hoop op en ek weet nie wat om te maak nie.

Die kinders is baie ongelukkig en kan nie glo dat hul pa hulle so in die steek laat nie. Moedeloos, WhatsApp

As daar enigsins iets goeds in dwelms skuil, dan het scientists dit nog nie ontdek nie.

Drugs is ’n groot verwoester. Dit vervuil alles waaraan dit raak.

Orals in ons gemeenskappe is die impak van dwelmmisbruik daar vir almal om te sien. Dwelms vat jou net na drie plekke: oor die afgrond, tronk toe, na jou graf toe.

Dit is sad dat jou man ná al die jare nog nie besef het hoe armer hy nie net sy lewe maak nie, maar julle s’n ook.

Hier het sy drug habit hom nou sy werk gekos, maar dit wil lyk asof hy nog nie sy les geleer het nie. Vandag se lewe is duur. Duurder as peper en g’n huishouding kan deesdae afford dat een by die huis lê en niks doen, terwyl die ander een sy/haar bas moet afwerk nie.

So anner-pa sal eenvoudig net sy vinger uit sy dinges moet trek en vir hom ’n ander werk moet soek, want dit is nie fair dat al wat skuldeiser is, gaan jagmaak op jou nie.

Maar dit gaan nie net hier oor die werk nie. Dit gaan ook hier oor die need van jou man om te admit dat hy ’n probleem het. Een waaroor hy geen beheer het nie.

Vir so lank as wat hy in denial gaan bly oor sy verslawing, vir so lank gaan dit vat om iets daadwerkliks hieromtrent te doen.

Daar is geen universe waar dit oukei is dat jy as ’n vrou jou oor ’n mik moet werk, terwyl hy hom suf en simpel earth nie. Dis lankal tyd dat jy hom en sy kwyl-gedagtes begin vasvat.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees