Dakloos ná joller-man my soos ’n hond uitsit

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK DRUK my trots in my sak deur hierdie brief aan Antie te stuur.

Ek is CA van Eersterivier en was 15 jaar in ’n abusive verhouding. Ek het 4 kinders.

My kinders se pa het my verlede jaar verneuk met ’n jonger meisie en het my toe soos ’n hond uit sy huis gesit.

Ek het daarna na my ma getrek, maar moet elke aand kyk vir ’n slaapplek.

Antie, my droom is om net ’n huis te kry, ter wille van my kinders. Ek was laas week by die behuisingskantore in die Kaap.

Dit maak nie vir my saak waar ek ’n huis kry nie, solank ek net my kinders kan uitsort.

Ek sukkel al drie jaar om ’n werk te kry. Antie, ek is desperaat vir ’n huis, want my kinders wil van hulle pa af wegkom.

Al vier my kinders gaan nog skool en die jongste een is agt jaar oud.

Ek en my kinders moes laas jaar ook buite slaap nadat ons soos honde deur my stiefpa uitgesit is.

Ek kry swaar, Antie.

Ek het al by die maatskaplike werker ook gaan aanklop om hulp.

In die aande lê ek wakker en dink aan my twee kinders wat nog by hulle pa is.

Ek moet weer in April by die behuisingskantore wees en dan gaan ek hoor of ek ’n huis gaan kry. CA van Eersterivier, Whats­App

Antie kan haar nie eens indink hoe moeilik dit tans vir jou moet wees nie.

Nie alleen moet jy en twee van jou kinders rondswerf vir slaapplek nie, maar die bekommernis is ook daar oor die ander twee kinders wat by hulle pa bly.

Kom ons hou duim vas dat die mense by die behuisingskantore goeie nuus vir jou sal hê.

Dit gaan maar rof wat behuising betref met derduisende mense wat steeds ook wag vir ’n dakkie oor hulle kop. Maar net soos wat dit nie vir altyd net winter kan bly nie, so kan dit nie net altyd sleg met jou gaan nie.

Iewers behoort dinge vir jou ook reg te loop en Antie glo en vertrou dat jou kans binnekort gaan aanbreek waar jou behoeftes uiteindelik uitgesorteer gaan word.

Hou moed, bly soek na ’n werk en bly glo dat dinge een van die dae beter sal raak. Alle sterkte.

Liewe Antie Mona

EK HET vandag (15 Maart) se brief gelees van die man wat gepraat het van die feit dat hy nie meer ’n toekoms met sy joller-vrou sien nie en as dit okay is, is daar wel ’n paar goed wat ek vir hom wil sê.

Ek wil aan hom sê dat dit jammer is dat hy deur al daardie dinge moes gaan.

Ek kan nie vir jou sê vergeet daarvan en beweeg aan nie, want dis eintlik ’n seer wat nog ’n hele ruk daar gaan wees, bly en vasklou totdat jy eendag die besluit neem om eers jouself te vergewe, jou vrou en dan vrede maak daarmee.

Ek sê nie gee julle verhouding nog ’n kans of probeer harder nie, maar as jy wil let go van haar moet jy ook let go van die feit dat sy op jou gecheat het en glo my, jy gaan soveel beter voel.

Just know that God doesn’t allow certain storms into our lives if He knows we’re not strong enough to handle it. So, don’t question God and ask him but God why me ... cause He still has plans for you en Hy gaan aan jou gee wat hy ons elkeen belowe het.

So, ek wens jou alle voorspoed op jou pad vorentoe en jy moet onthou dat God nog nie klaar is met jou nie. ’n Leser, WhatsApp

Antie wil sommer namens hierdie man vir jou baie dankie sê vir jou bemoedigende woorde.

Sommer namens al die ander manne en vroue wat in dieselfde situasie sit en hul battles in die stilte moet fight.

Hierdie is voorwaar nie ’n maklike situasie nie. As ’n mens in sulke storms vasgekeer is, is die laaste wat jy kan sien ’n uitkoms.

Maar ’n uitkoms is daar wel. Storms woed nie vir altyd nie en daar gaan ’n tyd kom dat die son deur daardie stormwolke breek en die lewe weer sy plesier-baadjie sal aantrek.

Nou is dit inderdaad ’n geval van moed hou, vasbyt, deurdruk en bly glo dat dinge nie altyd so bitter, teleurstellend en seer sal wees nie. Antie glo hy en sy kinders gaan hierdeur kom.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees