Simelane wou baie graag 'n Stormer word

akkreditasie
Wandisile Simelane
Wandisile Simelane
Gallo Images

WANDISILE Simelane wou baie graag sy loopaan by die Stormers voortsit.

Die talentvolle voormalige Junior Springbok is egter deur die Lions verhoed om na die Kaap te verhuis.

Volgens John Dobson, coach van die Stormers,  het die vlugvoetige senter alles in sy vermoë gedoen, maar die Lions het met regstappe gedreig.

Klousule

“Hy (Simelane) wou baie graag kom, maar hulle het hul reg uitgeoefen om hom nog twee jaar daar te hou.

“Ek voel die klousule is nie wettiglik sterk genoeg nie en is moreel verkeerd.”

Son verneem daar is ’n klousule in die 22-jarige Simelane se kontrak wat die Lions in staat stel om ’n teenaanbod te maak as hy ’n ander aanbod ontvang – die Lions het nou dié klousule uitgeoefen deur net soveel op die tafel te sit as die beste aanbod wat Simelane ontvang het.

Daar was ook onder die Sharks belangstelling in die senter se dienste.

Siya Kolisi, Springbok- en Stormer-kaptein, het Simelane na bewering ook gehelp oortuig om sy rugby in die Kaap voort te sit.

Sy voorkeurbestemming was dus Kaapstad. Hy was laat Dinsdag nog 90% seker hy sou sy tasse pak om uit Johannesburg te trek.

Rudolph Straeuli, uitvoerende hoof van die Lions, wou hom egter nie van sy kontrak vrystel nie.

Straeuli het aan Son oor Simelane se kontrak gesê: “Wandisile het ’n tweejaar-kontrak wat in Oktober 2023 eindig. Ek gaan nie verder kommentaar lewer oor die klousule en wat Dobson daaroor te sê het nie.

“Hy is ’n plaaslike laitie van Johannesburg wat ons hier grootgemaak het. Ons is steeds besig om hom te ontwikkel. Hy is belangrik vir ons in ons pad vorentoe.”

Tensy hy gereed was vir ’n lang regstryd, het Sime¬lane dus geen ander keuse gehad as om ’n verlenging van twee jaar in Johannesburg te aanvaar nie.

Dit het egter in sy spelpeil vanjaar duidelik geword dat Simelane nie meer gelukkig is by die Lions nie.

Dit blyk hy moet maar sy lot aanvaar en vir nog twee jaar op Ellispark speel.

Die vraag is nou of dit sy motivering op die veld negatief gaan beïnvloed.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees