AfricanX lok 12 Elite-atlete

akkreditasie
UITMERGELEND: Eric Ngubane (in groen) is een van 12 Nedbank-atlete wat vir die AfricanX Trailrun gaan aantree.
UITMERGELEND: Eric Ngubane (in groen) is een van 12 Nedbank-atlete wat vir die AfricanX Trailrun gaan aantree.
Tobias Ginsberg

ALTESAAM 12 elite-atlete van die Nedbank-atletiekklub gaan vanjaar in spanne van twee vir die skouspel­agtige AfricanX Trailrun aantree.

Dié gewilde wedloop gaan oor drie dae – van 26 tot 28 Maart – oor sowat 74 km by die Houw Hoek Hotel naby Grabouw in die Overberg beslis word.

Atlete gaan mekaar in spanne van twee oor afstande van sowat 24 km op dag een, 32 km op dag twee en 18 km op dag drie oor uitmergelende terrein die stryd aansê.

Volgens Nick Bester, nasionale bestuurder van die Nedbank-klub, is dit tans nie duidelik wanneer padwedlope weer in Suid-Afrika gaan begin nie.

Hy sê: “Dis meer as ’n jaar sedert SA onder lockdown geplaas is. Ons atlete is honger. Daar was tot dusver net virtuele wedlope, wat wonderlik was, maar niks klop die opwinding van ’n werklike wedloop nie.

Fiks

“Ons is opgewonde om ses sterk spanne (12 hardlopers) in die AfricanX Trailrun in te skryf. Hoewel hulle hoofsaaklik op padwedlope fokus, neem sommige van ons atlete wel af en toe aan trail-wedlope deel.

“Hulle is egter almal fiks, sterk, vinnig en uiters mededingend. Ons waarborg dat hulle die gesoute trail-atlete goeie kompetisie sal gee.”

Die 12 atlete wat met ’n lang lys indrukwekkende prestasies spog (insluitende Comrades gouemedaljewenners), is:

Span Een: Eric Ngubane (KZN) en Juan van Deventer (Johannesburg); Span Twee: Ludwick Mamabolo (Polokwane) en Collin Kanyimo (Pretoria); Span drie: Phillimon Mathiba (Gauteng) en Malusi Dlomo (Pretoria); Span Vier: Siyabonga Sakwe (Kaapstad) en Lindikhaya Mthangayi (Khayelitsha); Span Vyf: Lloyd Bosman (George) en Etienne Plaatjies (Oudtshoorn);­­ Span Ses: Deanné Horn (Noord-Wes) en Chrizell Roberts (Mpumalanga).

  • Besoek gerus stillwatersports.com vir verdere inligting.
Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
40% - 40 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
20% - 20 stemme
Eskom se push
32% - 32 stemme
Gee my krag, elke dag
6% - 6 stemme
Wat is load-shedding?
1% - 1 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees