PAGAD en die Economic Freedom Fighters (EFF) se kortstondige samewerking kan iets van die verlede wees.
En dít als oor ganja.
Pagad sê die EFF het verlede jaar die daggawetgewing in die parlement ondersteun.
Pagad en die EFF het laas jaar saamgesmelt as die United Front Against Gangsterism and Drugs (Ufagad).
Nazier Paulse, die EFF-leier in die Wes-Kaap, het gesê hulle support Pagad se stryd teen gangsters en drug merts.
Haroon Orrie, Pagad se nasionale adjunkkoördineerder, sê hulle het ’n brief aan die EFF gerig waarin die party gevra word om sy dagga-standpunt te please explain.
“Daar was tot dusver geen reaksie van hulle af nie.
“As dit is dat dagga gebruik word vir medisyne, dan sal ons dit oorweeg. Maar as dit gebruik word vir ontspanning, sal ons onsself onttrek.”