Drie kids sterf ná hulle noedels eet

akkreditasie
Die kinders het voor hulle dood van maagkrampe begin kla.
Die kinders het voor hulle dood van maagkrampe begin kla.
Foto ter illustrasie

DRIE kinders van Motherwell in Gqeberha is Sondag dood, kort nadat hulle kitsnoedels geëet het.

Sinothando Ngwendu (11) en Olwam Ngwendu (7) en die vier maande oue Athenkosi Ngwendu het voor hul dood simptome van naarheid en maagkrampe gehad.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die drie kinders is Saterdag saam met hul oupa na familie in New Brighton. Hulle het daar oorgeslaap.

Sinothando het Sondagoggend 'n pakkie kitsnoedels gekoop, wat sy met haar nefies gedeel het. Die drie is later terug na Motherwell, waar hulle siek begin voel het.

Naidu sê toe hulle by die huis in Motherwell aankom, het Sinothando begin naar voel. Olwam het kort daarna ook van maagkrampe en naarheid begin kla.

Die twee kinders is op pad na die Motherwell-kliniek dood. Athenkosi is in 'n ander voertuig na die hospitaal geneem, maar is dood voor hy daar aangekom het.

Nokubonga Ngwendu, die kinders se antie, sê aan News24 die kinders se dood bly 'n raaisel.

"Ons is stukkend oor wat gebeur het en het nog nie al die antwoorde nie," sê sy. 

Volgens die familie het die pakkie noedels nog nie verval toe Sinothando dit gebruik het nie.

Die polisie het intussen 'n geregtelike doodsondersoek begin. 'n Nadoodse ondersoek gaan ook gedoen word om die oorsaak van hul dood vas te stel.


Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees