Werker by bank steel glo R103 m.

akkreditasie
Xolela Masebeni is verlede week in die Oos-Kaap gearresteer.
Xolela Masebeni is verlede week in die Oos-Kaap gearresteer.
Unsplash

DIE Valke het 'n werknemer van Absa gearresteer nadat hy na bewering R103 miljoen van die bank gesteel het. 

Xolela Masebeni is verlede week in Queenstown in die Oos-Kaap gearresteer. Hy verskyn Donderdag in die Palm Ridge-handelsmisdaadhof.

Masebeni, wat as spesialis-ingenieur in Sandton gewerk het, het na bewering tussen September en Desember 2021 die geld in ses verskillende bankrekeninge oorgeplaas.

Ndivhuwo Mulamu, 'n woordvoerder vir die Valke, sê Absa het na 'n interne ondersoek die saak by die owerhede aangemeld.

Die Valke sluit nie verdere arrestasies uit nie. Hulle kan ook nog verdere klagte teen Masebeni bring.

Hy verskyn op 27 Januarie weer in die hof. - Fin24


Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees