
'N VERMEENDE verkragter is deur 'n cop gewond nadat hy uit aanhouding probeer vlug en 'n polisieman met 'n mes wou steek.
'n Woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-direktoraat (Opod), Grace Langa, sê die man is Donderdag in die dorpie Piet Plessis in Noordwes-provinsie weens verkragting gearresteer.
"Sy hande was vasgebind, en hy wou toilet toe gaan en sy hande is losgemaak. In die badkamer het hy 'n mes uitgehaal wat in sy skoen versteek was. Die cops wat hom deursoek het toe hy gearresteer is, het die mes gemis."
Volgens Langa wou die man uit die polisiestasie vlug en hy het na een polisieman gesteek.
"Hulle het waarskuwingskote geskiet dat hy die mes moet los, maar het na die cops gestorm en is in die been gewond. Hy is na 'n hospitaal geneem."
Volgens Langa ondersoek Opod die skietvoorval. - News24