
DAAR was die week groot drama in die Kaapse middestad toe Rastas gearresteer is gedurende ’n march vir die wettiging van dagga.
Die honderde betogers het vroeër vreedsaam na die parlement ge-march, waar hulle ’n memorandum oorhandig het.
Hulle eis dat die gebruik van dagga gewettig moet word en ’n einde aan polisiebrutaliteit wat op hulle gemik is.
Een van die Rastas is in ’n vên gesmyt vir die besit van dagga.
Vrylating
Dis toe dat die ander hul cool verloor en die polisievoertuig bestorm het.
Die woedende Rastas het toe na die sentrale polisiestasie beweeg om die vrylating van hul “broer” te eis.
Mervyn van Houten van Delft, sê: “Hulle arresteer Rastas altyd vir ganja.
“Hulle sê, in dié land, as jy ’n Rasta is, dan is ganja deel van jou geloof – waar is ons vryheid van geloof?
“Hulle het een Rasta gevat omdat hulle ganja by hom gesien het.”
Toe die betogers uitmekaar spat, was hul broer steeds in die tjoekie.