
MENSE van die polisie se gesondheidseenheid werk saam met ’n plaaslike fasiliteit waar ’n lid van die polisie opgeneem is.
’n Video is verlede week bekend gemaak waar ’n polisiebeampte van Mitchells Plain by die Mitchells Plain Town Centre gewelddadig geraak het.
Volgens brig. Novela Potelwa is die cop tans by ’n fasiliteit vir waarneming.
Hy kry daar die nodige bystand.
Onvanpas
“Ons vra mense wat van sosiale media gebruik maak, om nie te spekuleer oor die rede vir die voorval nie.
“Die voorval het in die openbaar gebeur, maar dis onvanpas om die video te versprei.
“Ons vra mense wat in besit van die video is, om dit nie te versprei nie.”
Potelwa sê die toestand van die polisielid kan uit respek vir sy waardigheid nie bespreek word nie.