Matrieks juig oor die afskeid

akkreditasie
KYk NET! Tamzin Opperman sprankel behoorlik.
KYk NET! Tamzin Opperman sprankel behoorlik.
Sally Sivewright

DIT vat nie net ’n village om ’n kind groot te maak nie, maar die einste vil­lage om die prestasies van ’n kind te vier.

Variant-wat en Covid wat-wat ten spyt, het inwoners van Ocean View die rooi tapyte uitgerol vir hul matrikulante, wat ’n moeilike skooljaar agter die rug het.

Inwoners het hulle matrikulante van 2021 ’n afskeid gegee wat hulle nooit sal vergeet nie.

Die rooi mat is uitgelê vir die 59 leerders van die Senior Sekondêre Skool Ocean View wat nie ’n formele afskeid gehad het nie, en inwoners het hul met alle glorie ontvang.

Mutheerah Fortune-Rademeyer (35), wat die inisiatief bestuur het, sê die gemeenskap, plaaslike besighede en individue het met liefde saamgewerk om van die geleentheid ’n sukses te maak.

Fortune-Rademeyer sê ’n groep leerders het haar aanvanklik genader vir ondersteuning met ’n tafel en ’n fotosessie wat hulle beplan om hulle finale jaar af te sluit.

Wat die gemeenskapswerker egter gemotiveer het om groter te gaan, is drie meisies wat ten spyte hul omstandighede aan die einde van hul skoolloopbaan staan.

“Een van die meisies is wees. Haar mammie is ’n paar jaar gelede geskiet.

“Die ander een is deur ’n enkelma grootgemaak en die derde meisie se familiehuis het onlangs tot op die grond afgebrand.

“Twee van hulle ouers is ook jong ouers.

“Hulle het my gemotiveer om ten spyte hulle omstandighede – al is dit ook hoe verskillend – deurgedruk het om hulle skoolloopbaan te voltooi.”

Fortune-Rademeyer sê sy het weer opnuut besef hoeveel jeugdiges in haar gemeenskap deur verskillende stryde in die gesig gestaar word.

En met die drukking van Covid-19 op die laaste twee jaar van hul skoolloopbaan het sy saam met ander gevoel hulle verdien ’n bederf.

Sy het toe die aksie begin en met die hulp van Yusr Davis en Melshaw Wyngaard kon hulle die boodskap vir bystand vinnig versprei.

Die drie is oorval met vreugde oor die terugvoering wat hulle ontvang het ná ’n paar plasings op sosiale media.

Vrymoedig

“Mense se harte het regtig oopgegaan en hulle het vrymoedig hulle dienste verskaf.

“Ons het rokke, pakke, skoene, make-up artists, hair stylists, bakkers, decorators, ’n band en ’n DJ, en vervoer gekry.

“Ek dink dis net ’n teken van trots vanaf die gemeenskap se kant,” sê Fortune-Rademeyer.

Haar broerskind was ook deel van haar motivering vir die geleentheid, want ná haar eie matriekafskeid in 2004 sou haar niggie eers weer die volgende een wees wat in die familie matrikuleer.

Deel van die beplanning was dan ook die “adopt a matriculant”-inisiatief waarmee mense in die gemeenskap ’n matrikulant kon “aanneem” en hom of haar ondersteun met klere en skoene vir die afskeid.

Van die ouers wat finan­sieel in staat was, het ook bygedra.

“Ons het dress rehearsals gehou, gesprekke gehad met raadslede wat ook leerders rondgery het, ‘adopted matriculants’ het gaan shopping, naels is gedoen, sweetpakke is reg gekry, hare is gesny ... dit was net ’n baie nice spanpoging deur die gemeenskap,” het Fortune-Rademeyer gesê.

Harvey van Wyk (33), stigter van Harvel Automobile Liquids, wat een van diegene was wat vervoer verskaf het, sê almal weet ’n kar is die hoogtepunt van enige matriekafskeid.

Fancy

“Ons almal wil ’n fancy kar hê by ons matriekafskeid en sommige van ons is in staat daartoe en sommige van ons is ongelukkig nie.

“Dit was beslis ’n afskeid wat nog lank onthou sal word. Die leerders verdien dit,” het hy gesê.

Ciarah Harris (19) sê sy en die leerders is dankbaar teenoor Fortune-Rademeyer en die gemeenskap vir ’n baie spesiale aand.

“Daar is nie genoeg dankies aan die gemeenskap vir die baie moeite wat hulle ingesit het om die afskeid moontlik te maak nie.

“Ons het soveel fun gehad en alles is met liefde gedoen.

“Ons kon nie vir beter gevra het nie,” het sy met groot dankbaarheid gesê.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees