Tersiêre instellings begin eers in Maart

akkreditasie
Die nuwe akademiese jaar vir tersiêre instellings begin eers in Maart vanjaar.
Die nuwe akademiese jaar vir tersiêre instellings begin eers in Maart vanjaar.

STUDENTE aan tersiëre instellings wag nou saam met die klas van 2020 op die matriekuitslae voor hul akademiese jaar begin.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, het Maandag gesê tersiêre instelling sal teen middel Maart heropen.

Hy het eerstejaarstudente ook die verserkering gegee dat hulle genoeg tyd sal hê om te registreer vir die 2021 akademiese jaar.

"Alle instellings het dieselfde begin datum vir die 2021 akademiese jaar vir eerstejaar inskrywings, met die beskikbaarheid van die matriekuitslae.

"Die departement sal ook saam met die instellings werk, ter voorbereiding van die stelsel vir die heropening." 

Hy het beklemtoon dat dit tussen vroeg Maart en middel April vanjaar sal wees.

EWN berig dat die minister ook bekendgemaak het dat meer as 1 500 studente al positief getoets het vir die virus met 10 wie daaraan dood is. Die virus het ook die lewens van 48 personeellede van tersiêre-instellings geeis.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees