SAB vat regering hof toe oor drankverbod

akkreditasie
SAB gaan die regering hof toe sleep.
SAB gaan die regering hof toe sleep.
Foto ter illustrasie: Rapport

OM WERK en lewensbestaan in die dranksektor te beskerm gaan die Suid-Afrikaanse brouery die regering hof toe sleep.

SAB het aangekondig dat hy dringende regstappe gaan neem in 'n poging om die regering se vierde verbod op die verkoop van alkohol te betwis.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag die verbod as deel van vlak-4 lockdown regulasies aangekondig.

SAB sê egter dat daar geen wetenskaplike verband is, wat toon dat die gebruik van alkohol die risiko om Covid-19 op te doen verhoor nie. 

"Veral nie as alkohol veilig en verantwoordelik deur Suid-Afrikaners, in die gemak van hul huise gebruik word nie."

Die brouery voeg by dat hul diep bekommerd is oor die voortgesette diskriminasie van wettige alkoholhandel, wat tot 'n onwettige bedryf in die land lei.

SAB se aankondiging volg kort op die hakke van Vinpro wat ook 'n dringende aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof gaan indien. - The Citizen

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees