Restaurante vra lig curfew

akkreditasie
PLEIT VIR JOBS: Julian Buela en Linda Winter buite ’n restaurant met hul plakkate.
PLEIT VIR JOBS: Julian Buela en Linda Winter buite ’n restaurant met hul plakkate.
TER ILLUSTRASIE/Mpumi Kiva

DIE restaurantvereniging het 'n beroep op die regering gedoen sodat die twee om een tafel kan sit en praat om die curfew te lig.

Wendy Alberts, hoof van die vereniging, sê hulle was duidelik met die departement van samewerkende regering en tradisionele sake oor wat die bedryf finansieel nodig het.

"Ons is diep teleurgesteld dat die behoftes van die restaurantbedryf nie gehoorsaam is nie."

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat die land van vlak-4 na vlak-3 sal beweeg.

Nie-noodsaaklike ondernemings soos restaurante kan handeldryf maar moet teen 21:00 sluit. Dit is om werkers geleentheid te bied om voor die 22:00 curfew by die huis te wees.

Alberts het aan EWN genoem: restaurante kan nie effektief handel dryf sonder dat die curfew opgehef word nie.

"Die regulasie is ook verwarrend.

"Ons moet teen 20:00 ophou drankverkoop en die curfew begin om 22:00. Ons het gevra dat restaurante tot 22:00 handeldryf.

"Dit is beslis 'n verantwoordelike manier om die welstand van ondernemings te bevorder."

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees