Restaurant bedryf soek einde aan beperkings

akkreditasie
Onder aangepaste vlak 3 kan ondernemings soos restaurante, gimnasiums en fiksheidssentrums opereer, maar moet teen 21:00 sluit.
Onder aangepaste vlak 3 kan ondernemings soos restaurante, gimnasiums en fiksheidssentrums opereer, maar moet teen 21:00 sluit.
TER illustrasie

DIE restaurantevereniging van Suid-Afrika (Rasa) het Vrydag weer 'n beroep op die regering gedoen om beperkings vir die sektor te beeindig.

Onder die aangepaste vlak-3 regulasies kan plekke soos eetplekke en fiksheidsentrums bedryf maar moet teen 21:00 sluit. Slegs 'n maksimum van 50 persone word ook in 'n plek toegelaat en 100 buite.

Rasa sê dat hulle dringend 'n hersiening van die regulasies versoek en die beperkings verslap word.

Wendy Alberts, hoofbestuurder van Rasa, sê die regering is vinnig besig om af te skakel wanneer dit nodig was, maar dit is altyd 'n groot vraag om dinge weer aan te skakel.

Sy voeg by dat 70% van die handeldryf in die sektor kom uit aandetes, en die huidige beperkings werk net nie.

"Ondanks verskeie en voortdurende pleidooie om versagting en vergoeding het die regering nie reageer op versoeke om restaurante by te staan nie."

Alberts noem dat hulle sal voortgaan om te vra vir skuldverligting vir lenings en huurkontrake. - EWN

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees