#KYK Prez praat weer oor Covid-reëls

akkreditasie
Pres. Cyril Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa
GCIS

NÁ TWEE weke van vlak 4 en strenger regulasies sal daar Sondag weer 'n update wees.

Pres. Cyril Ramaphosa sal die land omstreeks 20:00 op Sondag 11 Julie toespreek oor verwikkelinge in die land se reaksie op die Covid-19-pandemie.

Die presidensie bevestig dat die toespraak kom ná vergaderings Sondag van die nasionale corona-virus-bevelraad, presidensiële koördineringsraad en die kabinet.

Ramaphosa het in sy laaste toespraak aan die land, op 27 Junie, verskeie strenger maatreëls afgekondig. Onder meer is alkoholverkope, saam met alle byeenkomste verbied.

Die staatshoof het toe ook gewaarsku dat hospitaaltoelatings, Covid-gevalle en sterftes toeneem.

Ramaphosa het verder verduidelik dat die corona-virus verskeie variante het en dat die Delta-variant nou ook in Suid-Afrika woed.

Hy het ook genoem: “Die regering is bekommerd oor dié variant."

Daar is in die laaste paar dae heelwat bespiegeling dat die regering die land vir nog sowat twee weke op vlak 4 met sy streng reëls kan hou.

  • 'n Skakel na die regstreekse toespraak sal nader aan die tyd hier beskikbaar wees.
Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees