Pastore: Sluiting van kerke 'irrasioneel'

akkreditasie
  Die nasionale beweging Pastors Against Church Closures verwys na kerke as geestelike hospitale en sê dis belangrik dat hulle oop bly.
Die nasionale beweging Pastors Against Church Closures verwys na kerke as geestelike hospitale en sê dis belangrik dat hulle oop bly.
Foto ter illustrasie: Netwerk24

Die nasionale beweging Pastors Against Church Closures beskryf die sluiting van plekke vir aanbidding in die lockdown op vlak 4 as "irrasioneel".

Die beweging se Wes-Kaapse leiers het Vrydag 'n inligtingsessie in Khayelitsha gehou waar hulle hul steun aan kerke toegesê het wat hul deure môre gaan oopmaak.

Die president het laas Sondag aangekondig die land gaan vir 14 dae na 'n aangepaste waarskuwingsvlak 4 skuif waarop alle byeenkomste van 'n politieke, sosiale of kulturele aard verbode is.

Die enigste byeenkomste wat tans op vlak 4 toegelaat word, is begrafnisse, wat tot 50 begrafnisgangers beperk is.

Apostel Siniko Nxesi sê die regering het aanbidding nou gekriminaliseer en hy behandel die godsdienstige broederskap onregverdig.

Nxesi verwys na kerke as geestelike hospitale en sê dis belangrik dat hulle oop bly.

"In 'n tyd waarin angs en depressie aan die orde van die dag is, waar mense hul werk verloor, is die kerk die enigste plek van verligting."

Nxesi meen dis verkeerd dat mense moet vrees hulle gaan gearresteer word terwyl hulle 'n grondwetlike reg beoefen.

"Ons beskou dit as anti-Christelike neigings, want daar is veiligheidsprosedures wat gevolg sal word."

Hy sê as hulle tussen die gehoorsaamheid aan die regering en die gehoorsaamheid aan God moet kies, sal hulle laasgenoemde kies. - EWN

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees