
Die appèlhof in Bloemfontein het die hooggeregshof se bevinding ter syde gestel.
Son
DIE appèlhof het Donderdag 'n hofbeslissing, wat bevind het die lockdown-regulasies onder vlak 3 en 4 is ongeldig en ongrondwetlik, tersyde gestel.
Liberty Fighters Network (LFN) het in Mei 2020 die hooggeregshof in Pretoria genader om die regulasies as irrassioneel en ongrondwetlik te verklaar.
Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het geappeleer nadat die hof ten gunste van die LFN beslis het.
Die appèlhof het bevind LFN se saak is op veralgemening en breë gevolgtrekkings gegrond.