
sowat 2?000 aansoeke per minuut het vir die covid-19 toelae ingestroom
Jonathan Lestrade
DIE Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) bevestig dat duisende mense reeds op die eerste dag van aansoeke hul vorms ingedien het om die Covid-19-toelae te kry.
Die agentskap het Vrydag gesê die proses het stadig begin as gevolg van die swaar verkeer op sy webwerf.
Paseka Letsatsi, woordvoerder van Sassa, sê die aansoeke het teen sowat 2?000 per minuut ingestroom.Die eerste betalings sal teen die einde van Augustus verwerk word. – EWN