Jong man se lyk in swembad gevind

akkreditasie
Die De La Bat-swembad is gesluit nadat 'n liggaam van 'm jong man ontdek is.
Die De La Bat-swembad is gesluit nadat 'n liggaam van 'm jong man ontdek is.
Verskaf

'N JONG man se lyk is Maandagoggend in die De La Bat-swembad in Worcester gekry.

Die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) het die nuus in 'n persverklaring bevestig.

"Die Breedevallei-munisipaliteit betreur die afsterwe van 'n 30-jarige man wie se lewelose liggaam vanoggend deur BVM se personeel in die De La Bat-swembad ontdek is."

Dié onbekende man is deur nooddienste dood verklaar. Die liggaam is verwyder en tans word daar aandag gegee aan die swembad en die reiniging daarvan.

Die swembad was vandag vir gebruikers gesluit.

Die BVM het sy medelye aan die oorledene se familie uitgespreek.
Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees