10 dae gelede
Winde soek ekonomie op steroids
alan winde, premier, western cape, elections, demo
Alan Winde, DA Wes-Kaapse premierskandidaat.  ~ Ethan Van Diemen

Die Wes-Kaapse DA-premierskandidaat, Alan Winde, sê as die DA weer in dié provinsie wen gaan hy as premier meer innovasie bring.

Hy sê: “Ek wil die ekonomie op steroids sit. Ons moet baie werksgeleenthede skep. Ons het die hoogste jeugwerkloosheid te wêreld.

“Drie van die dinge wat ek wil verander val nie onder provinsiale mandaat nie. Maar dit maak nie saak nie.

“Ons sal veg vir die oplossings in dié probleemareas. Naamlik misdaad, openbare vervoer en elektrisiteit ver, want dis belangrik vir die groei van die ekonomie.”

Winde het by die Batavia skool in Claremont gepraat, waar hy en sy vrou, Tracy, gestem het. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters