2 maande gelede
Talle trek kruisies
Inwoners van die baai wag geduldig in lang lyne bu
Baaise inwoners wag geduldig in lang lyne buite die gemeenskapsaal in Booysenpark  ~ 

TALLE Suid-Afrikaners het Woensdagoggend hul kruisies in die sesde algemene verkiesing gaan trek. 

Die bibberende weer in sommige dele van die land kon nie kiesers van die stembus weghou nie.

Patricia de Lille, leier van die Good-party, het in Pinelands gestem.

De Lille het aan kiesers gesê dit gaan niemand help om op stemdag by die huis te sit nie.

“Ons almal hoop vir n beter toekoms vir onsself en ons kinders na die verkiesings.”

Marlon Daniels van die Patriotic Alliance (PA) het by die Primêre Skool Strelitzia in Bethelsdorp, Port Elizabeth gestem.

Daniels sê hy stem PA omdat hy weet dis al party wat die belange van die marginalized bruinvolk heel bo aan die prioriteitslys het.

“Dit is uiters belangrik vir almal om hierdie verkiesing anders as voorheen te stem as hulle 'n verskil wil sie,” sê Daniels.

Ebrahim Rasool, leier van die ANC se verkiesingsveldtog in die Wes-Kaap, was Woensdag bly hy kon vir 'n slag weer provinsiaal ook stem.

Rasool kon in sy tyd as ambassadeur in Amerika slegs nasionaal stem.

Hy het ook gister in Pinelands gestem.

Athol Trollip van die DA in die Baai het in die Walmer-stadsaal gestem.

Trollip sê om te stem is die regte ding om te doen.

Hy sê die verkiesing gaan daaroor om 'n besluit te maak waarmee jy kan saamleef.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters