11 dae gelede
Son praat met VF+ se Peter Marais
wraak: Peter Marais, die voormalige Kaapse mayor, is gister in die openbare galery van die raadsaal.  ~ 

Son het aan van die politieke partye vyf vrae, hier is hoe Peter Marais, premierskandidaat van die Vryheidsfront Plus geantwoord het:

Watter persentasie van die vote hoop jy jou party sal kry?

Realisties hoop ons die DA sal minder as 50% kry, wat dit tot ’n koalisie (moontlik met ons) sal dwing. Dit is sodat die DA nie kan voortgaan met sy huidige beleid van regstellende aksie en swart bemagtiging tot nadeel van die bruin en wit werknemers nie.

Wat maak dat jy bo die ander partye uitstaan?

Ek het meer politieke ervaring as enigeen van die ander premierskandidate en het sedert 1984 meer senior poste beklee as enigeen van hulle.

As jy en jou party aan bewind kom, wat sal jy binne die eerste 100 dae instel?

As ek as premier gekies word, sal ek onmiddellik begin met ’n proses van samewerking deur direkte gesprekke met die nasionale regering om groter gesag na die provinsiale regering oor te plaas.

As jy nie wen nie en op die opposisiebanke beland, wat is die dinge waarvoor jy die provinsiale regering verantwoordelik sal hou?

As ek nie suksesvol is om die nuwe Wes-Kaapse premier te word nie, sal ek die gekose premier verantwoordelik hou vir ál die bogenoemde.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters