11 dae gelede
Son praat met Icosa se Dawid Kamfer
spoel bek uit: Dawid Kamfer, Icosa se provinsiale leier, reageer op die DA-uittog. Foto: KEITH MEYER  ~ 

Son het aan van die politieke partye vyf vrae, hier is hoe Dawid Kamfer, Wes-Kaapse ICOSA-premierskandidaat geantwoord het:

Watter persentasie van die vote hoop jy jou party sal kry?

In die laaste verkiesing in 2016 het ons 1800 stemme gekry. As ’n mens kyk hoe ons sedertien gegroei het, verwag ons enigiets tussen 40 000 en 60 000 in die Wes-Kaap.

Wat maak dat jy bo die ander partye uitstaan?

Ons het oorlog verklaar teen plaasuitsettings. Ons het baie goed daarin gevorder. Die DA beskerm die plaasboere, want hulle is sy lede.

As jy en jou party aan bewind kom, wat sal jy binne die eerste 100 dae instel?

Ons wil graag ’n plan instel om vir ons jong mense werksgeleenthede te skep. Behuising is ook baie belangrik. En dan wil ons korrupsie hokslaan.

As jy nie wen nie en op die opposisiebanke beland, wat is die dinge waarvoor jy die provinsiale regering verantwoordelik sal hou?

Oral waar ons tans op die opposisiebanke sit, sê ons vir die regerende partye: “Die mense het vir julle gestem en ons sal julle verantwoordelik hou.”

As geen party die vereiste 51% kry om te regeer nie, met wie is jy bereid om ’n koalisieregering te vorm?

Icosa sal met enigeen saamwerk wat ons agenda en die belange van ons mense op die hart dra.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters