2 maande gelede
Son praat met Good se Patricia de Lille
klim die leer: Die leier van die Good-party, Patricia de Lille, hang haar poster op. Foto: anele mfazwe  ~ 

Son het aan van die politieke partye vyf vrae, hier is hoe Patricia de Lille, Wes-Kaapse premierskandidaat van Good geantwoord het:

Wat maak dat jy bo die ander partye uitstaan?

Die Wes-Kaap is baie fluid op die oomblik.

Baie voters is ontevrede met die ANC en DA, wat versuim het om hulle beloftes na te kom. Ons boodskap is dat Goodmense en Good-regering die provinsie vir almal beter kan maak.

Good het ’n praktiese plan wat goed nagevors is om Suid-Afrika te fix. Ek het ’n track record van veg vir regte.

Ek het teen korrupsie geveg en het gewerk om ’n beter lewe vir almal moontlik te maak. In my sewe jaar as die Kaapse mayor was die Kaap die leier in byna alle aanwysers.

As jy en jou party aan bewind kom, wat sal jy binne die eerste 100 dae instel?

Die 100 dae-storie is ietwat van ’n sideshow. ’n Regering se tyd moenie na soundbytes van leë beloftes in die eerste 100 dae herlei word nie.

Ons sal met ’n goedgekeurde budget aan bewind kom. Daarom sal die ons Fix SA-plan eers in die volgende boekjaar in werking kan tree.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters