11 dae gelede
Son praat met die EFF se Melikhaya Xego
melikhaya xego
Die EFF Wes-Kaapse premierskandidaat, Melikkhaya Xego.  ~ News24

Son het aan van die politieke partye vyf vrae, hier is hoe Melikhaya Xego, Wes-Kaapse EFF-voorsitter geantwoord het:

Watter persentasie van die vote hoop jy jou party sal kry?

Ons mik vir niks minder as 10% nie.

Wat maak dat jy bo die ander partye uitstaan?

Ons waardes behels grondonteiening sonder vergoeding en die nasionalisering van ekonomies strategiese belange soos banke. Ook gratis gedekoloniseerde gehalte-opvoeding en die opbou van ekonomiese infrastruktuur op ’n manier wat jobs sal skep vir ons mense.

As jy en jou party aan bewind kom, wat sal jy binne die eerste 100 dae instel?

Die sleutelkwessie in die Wes-Kaap is grond. Ons sal eers kyk na uitsettings. Dit maak nie saak of jy op die platteland of in die stad woon nie.

As jy nie wen nie en op die opposisiebanke beland, wat is die dinge waarvoor jy die provinsiale regering verantwoordelik sal hou?

Die swak gesondheidsdienste is nog ’n punt waaroor ons baie sal baklei. Nóg ’n kwessie is rassisme. Die Wes-Kaap is tot die mees rassistiese provinsie in die land verklaar. Dan is die skepping van werksgeleenthede en die uitroei van korrupsie ook groot kwessies.

As geen party die vereiste 51% kry om te regeer nie, met wie is jy bereid om ’n koalisieregering te vorm?

Ons sal nié ’n koalisie met die DA óf VF+ vorm nie. Die DA het gesê hy wil die EFF uit die Wes-Kaap hou.

 

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters