2 maande gelede
Son praat met die DA se Alan Winde
basis: Alan Winde besoek die base camp in Lavender Hill.Foto’s: JONATHAN LESTRADE  ~ 

Son het aan van die politieke partye vyf vrae, hier is hoe Alan Winde, Wes-Kaapse premierskandidaat van die DA geantwoord het:

Watter persentasie van die vote hoop jy jou party sal kry?

Die meningspeilings dui aan dat dié verkiesing op ’n mespunt is.

Elke stem sal tel. Die kiesers het ’n keuse tussen die DA en ’n koalisie van ANC/EFFkorrupsie.

Wat maak dat jy bo die ander partye uitstaan?

Skoon regering en ’n track record van werkskepping. Sedert die DA die Wes-Kap by die ANC oorgeneem het, het meer as 500 000 mense werk gekry.

As jy en jou party aan bewind kom, wat sal jy binne die eerste 100 dae instel?

Ons sal vir nóg werksgeleenthede veg. Ons sal veg vir ’n provinsiale polisie om die Wes-Kaap die veiligste provinsie in Suid-Afrika te maak. Ons sal veg vir treine wat veilig en betyds is. Ons sal veg om korrupsie uit te hou en om die ligte aan te hou.

As geen party die vereiste 51% kry om te regeer nie, met wie is jy bereid om ’n koalisieregering te vorm?

Ons werk vir ’n groot meerderheid. Ons veg om die EFF en ANC uit die Wes-Kaap te hou. Ons kan nie die ANC toelaat om weer hier te regeer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters