11 dae gelede
Son praat met die ANC se Faiez Jacobs
verkiesing: Lesers wil weet hoekom Faiez Jacobs nou skielik na bruin mense se stemme vry.Foto: peter abrahams  ~ 

Son het aan van die politieke partye vyf vrae, hier is hoe Faiez Jacobs, Wes-Kaapse ANC sekretaris geantwoord het:

Watter persentasie van die vote hoop jy jou party sal kry?

Ons doen ’n beroep op ál die Wes-Kaapse mense om vir ons te stem sodat ons die provinsie met ’n meerderheid van 51% kan wen. Ons wil die DA uitskop.

Wat maak dat jy bo die ander partye uitstaan?

Die ANC het ’n goeie track record. Ons was voorheen in beheer van die Wes-Kaap en ons het dié provinsie baie goed regeer. Ons het ’n goeie president wat bereid is om ons land te herbou en ons in die Wes-Kaap moet deel daarvan wees.

As jy en jou party aan bewind kom, wat sal jy binne die eerste 100 dae instel?

Ons sal fokus op dienslewering. Ons het gesien hoe die DA mense straf wat nie vir hulle gestem het nie. Die DA is teen die mense en teen plaaswerkers.

As jy nie wen nie en op die opposisiebanke beland, wat is die dinge waarvoor jy die provinsiale regering verantwoordelik sal hou?

Die DA het ons mense vir te lank vir granted gevat. As ons nie wen nie, sal ons seker maak die party wat regeer, word verantwoordelik gehou.

As geen party die vereiste 51% kry om te regeer nie, met wie is jy bereid om ’n koalisieregering te vorm?

Ons sal ’n koalisie vorm om die DA uit die regering te hou. Die lewensgehalte van die kwesbaarste inwoners soos plaaswerkers het onder die DA agteruitgegaan.

 

 

 

 

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters