11 dae gelede
Son praat met ACDP se Ferlon Christians
Ferlon Christians, Wes-Kaapse leier van die ACDP.  ~ 

Son het aan van die politieke partye vyf vrae, hier is hoe Ferlon Christians, Wes-Kaapse premierskandidaat van die ACDP geantwoord het:

Watter persentasie van die vote hoop jy jou party sal kry?

As geen party die vereiste 51% kry om te regeer nie, met wie is jy bereid om ’n koalisieregering te vorm?

Ons glo ons sal die Wes-Kaap met ’n meerderheid van 65% stemme wen en ons sal nie ’n koalisie benodig nie.

Wat maak dat jy bo die ander partye uitstaan?

As gevolg van binnegevegte in die twee groot Wes-Kaapse partye het die ACDP twee jaar gelede met ’n strategie begin van hoe hy die grootste party in die provinsie kan word.

Ons het die ACDP gebou op ’n sterk Bybelse fondasie en mik om God te eer en die kiesers se needs boaan ons beleide te sit. Ons bied servant leaders, wat die Wes-Kaapse mense help om hulle volle potensiaal te bereik.

As jy en jou party aan bewind kom, wat sal jy binne die eerste 100 dae instel?

Herroep seksies van die Western Cape Schools Act wat die verkoop van alkohol by skole toelaat. Gaan voort om veiliger gemeenskappe te verseker. Verseker gehalte-opvoeding en die veiligheid van onderwysers en leerders. Verbeter gesondheidsdienste. Stel ’n strategie saam om werkloosheid aan te pak en werksgeleenthede vir die jeug te skep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters