9 dae gelede
Partye wil OVK hof toe vat oor #Stemdag2019
 ~ 

Talle politieke nuwelinge wat aan hul eerste verkiesing deelgeneem het, kritiseer die Suid-Afrikaanse verkiesingskommissie vir hul hantering van die stemproses.

Hulle het ook aangedui dat hulle hul tot die howe gaan wend.

Die nuwelinge vra ook dat die verkiesing oor gehou word.Hulle het ook die media gekritiseer dat hulle gesideline word en hul vermoë om ‘n groter gehoor te bereik verhoed. Dit glo ten gunste van die “groot drie”, naamlik die ANC, DA en EFF.

Die ongelukkige partye sluit onder andere African Content Movement (ACM), International Revelation Party (IRC), Ecoforum, Christian Political Movement (CPM), Women Forward (WF), Black First Land First (BLF), Land Party, African Transformation Movement (ATM) en die Socialist Revolutionary Party in.

Die partye het Donderdagmiddag ontmoet om hul griewe te bespreek.Daar word verwag dat die OVK Vrydagoggend tydens ‘n geskeduleerde perskonferensie op die griewe sal reageer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters