2 maande gelede
Partye kla oor 'double voting'
vote
Stemlokaal  ~ 

Minder as ‘n uur na #Stemdag2019 geeindig het, het veral kleiner politieke partye gekla oor “double voting”.

Deidre Carter, Wes-Kaapse premierskandidaat van Cope, het selfs sover gegaan as om gisteraand ‘n bottel Domestos op die verhoog van ‘n perskonferensie te bring om haar argument te staaf.

Sy noem sy het gehoor mense verwyder die ink en stem twee keer en het dit toe self probeer.

“Ek is na vier stemlokale, waar my ID gescan is en ek is ‘n slip gegee wat mean ek kon weer stem.

“Hoeveel mense het nie meer as eenkeer gestem nie?”

In reaksie sê die Wes-Kaapse verkiesingshoof, Courtney Sampson, die kanse dat iemand meer as eenkeer kan stem is baie skraal.Indien enige persoon bewyse het, en nie gerugte nie, moet hulle dit aan die OVK oorhandig en stappe sal geneem word.

Sampson voeg by: “dis onaanvaarbaar dat daar onuitwisbare ink is wat nie onuitwisbaar is nie.

“Dit het ook nie oral gebeur waar mense die ink kon verwyder nie.”

Hy het toe gevra of dit die uitslag van die verkiesing sal raak. 

News24 berig ten minste drie kleiner  partye het reeds klagtes by die Onafhanklike Verkiesingskommisie ingedien.

Van dit sluit in dat sommige stemlokale toe was, tekort aan stembriewe en die onuitwisbare ink wat gebruik is en glo maklik verwyder kan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters