2 maande gelede
Party kiesers sê vir wie hulle sal stem
BRENDON AFRIKANER (39) VAN WINDVOGEL: “Ek stem nog al die tyd vir die DA, want hulle is nie korrup nie. Hulle sal ons ’n huis en werk gee. Dis belangrik om te stem sodat jy ook ’n sê kan hê.” Foto’s: DEON FERREIRA  ~ 

DIE verkiesingskoors loop hoog, en daarom het Son op Sondag Sonlanders in die Baai se Northern Areas gevra of hulle bereid is om te verklap vir wie hulle dié keer gaan stem. 

BRENDON AFRIKANER (39) VAN WINDVOGEL: “Ek stem nog al die tyd vir die DA, want hulle is nie korrup nie. Hulle sal ons ’n huis en werk gee. Dis belangrik om te stem sodat jy ook ’n sê kan hê.” Foto’s: DEON FERREIRA
ELDRIDGE DE KOCK (49) VAN ARCADIA: ”Ek gaan vir die DA stem. Die area waarin ek bly, is ’n DA-wyk. Hulle het ’n maand terug vir ons gesê hulle gaan vir ons huise gee. Almal soek ’n beter lewe. Werk is skaars in die Baai vir ons wat unemployed is.”
GWENITA TORR (30) VAN WINDVOGEL: “Ek gaan stem vir die DA, want hulle wil change hê. Die ANC is korrup. Ek stem sodat my regte erken kan word.”
DAISY ADAMS (75) VAN HELENVALE: “Ek gaan stem vir die DA. My stem is ook belangrik, sodat iets gedoen kan word vir ons. Daar is mense wat sonder krag en toilette sit. Ek soek ’n councillor wat enige tyd van die dag sal help.”
CIRBY WHITEBOOI (34) VAN JACKSONVILLE: “Ek gaan nie vote nie. Ek het al baie keer by die DA-kantoor aansoek gedoen vir werk, maar niks gekry nie. Die land is klaar korrup. So, wat is die use om te stem? As my kinders eendag wil stem, is dit hulle keuse.”
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters