2 maande gelede
Mmusi maak vinnig laaste Kaapse-draai
mmusi maimane, stemdag
DA-leier, Mmusi Maimane, het 'n vinnige Kaapse draai gemaak voor stemlokale gesluit het en by Kasselsvlei Primêr ingeloer.  ~ Earl September

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het ure voor stemlokale Woensdagaand gesluit het vining 'n laaste Kaapse-draai gemaak.

Dit was om laaste stemme te werf, in die provinsie waar sy party regeer.

Maimane sê: "Ons voel 'good'. Ek is vol vertroue ons sal die Wes-Kaap behou en groei in Gauteng en die Noord-Kaap.

"Ons werk hard en ek is positief maar wil nie persentasies voeg nie." 

Sy grootste kommer was politieke partye wie boodskappe versprei het wat Suid-Afrikaners volgens ras verdeel.

"Dit is nie die Suid-Afrika waarna ons strewe nie. Ons moet 'n Suid-Afrika bou vir almal." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters