2 maande gelede
Mense, die dag het aangebreek
laat hy val: Kiesers het van Maandag af spesiale stemme uitgebring.Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

VANDAG is D-dag.

Noudat die spesiale verkiesing gister afgehandel is, is die algemene verkiesings op Suid-Afrika.

Stemlokale is van 07:00 af oop en jy kan nog jou kruisie trek as jy teen 21:00 in ’n tou geklim het.

Die stemlokale sal daarna oop bly totdat die laaste kieser­ in die tou gestem het.

Kiesers kan stem net in die wyk waar hulle geregistreer is.

In die Wes-Kaap is daar meer as 3,1 miljoen geregistreerde kiesers. Dit sal die toue na verwagting baie lank rek.

Maandagaand het dit gelyk asof onse prez, Cyril Rama­phosa, dan elke liewe landsburger se selfoonnommer het.

Dis omdat hy hordes SMS’e na byna elke inwoner gestuur het. Kapenaars het gister baie gepraat daaroor.

Die sakeman Iqbal Surve het die naweek ’n groot bedrag aan die ANC in die Wes-Kaap geskenk.

Die party het dit egter aan hom terug­gegee.

Die ANC het dit gedoen op grond van beweringe wat gemaak is teenoor die kommissie van ondersoek van die misbruik van pensioengeld in die Public Investment Corporation (PIC).

So sê die waarnemende provinsiale voorsitter van die ANC, Khaya Magaxa.

Mcebisi Skwat­sha, adjunk­-minister van lande­like ontwikkeling en grondhervorming, het gister in Guguletu ’n spesiale stem uitgebring.

Skwatsha het gesê: “Om te kan stem is baie, baie bevrydend. Om te stem is baie belangrik.

“Om te stem is die verantwoordelikheid van enige verantwoordelike landsburger in enige land.

“Dis belangrik dat veral ons wat ’n geskiedenis van kolonialisme het, pres. Ramaphosa ’n mandaat bied om voort te gaan met sy goeie werk.”

Die leier van die ANC in die Stad Kaapstad, Xolani­ Sotashe, het in die Strand gestem.

Die DA se premierskandidaat in die Wes-Kaap, Alan Winde, en die DA se provinsiale leier, Bonginkosi Madikizela, het hulle verkiesingsveldtog gister in Athlone, Hanover Park en Claremont afgesluit.

Patricia de Lille, leier van die Good-party, stem na verwagting vanoggend in Pinelands.

Die ANC-sekretaris in die Wes-Kaap, Faiez Jacobs, sal na verwagting vanoggend in Rosebank stem en Winde stem waarskynlik in Claremont.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters