11 dae gelede
Huise en werk is op wenslys
MARIANNE JANSEN: “Ek hou my stem vir myself. Hoekom moet ander weet vir watter party ek gaan vote? Ek begeer graag huise vir mense en werk vir al die jong mense.”Foto’s: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON se mense gee hulle mening oor die verkiesingskoors wat die hele dorp beetgepak het.

CAROLINE BAADJIES: “My stem is ’n groot geheim. Ons het in die verlede uitgeval, maar ek sien ’n blink toekoms. Hierdie keer sal dinge baie beter gaan, glo ek.”
IVAN KEYSTER: “Ek stem vir daai Cyril. Hy moet net sukkel dat hy hier na ons toe kom. Ek trek nog altyd my kruis vir die ANC.”
SIAS TOERIEN: “Ek ga’ glad nie stem nie. Vir wat? Hulle wat daarbo sit en ek in my rolstoel. Hulle gee flippen niks om nie. So, vir wat moet ek nog stem?”
KAYLA SAMUELS: “Ek stem DA. Ek maak geen geheim waar ek my kruisie gaan trek nie. Hulle moet net sorg vir huise.”
MARIANNE JANSEN: “Ek hou my stem vir myself. Hoekom moet ander weet vir watter party ek gaan vote? Ek begeer graag huise vir mense en werk vir al die jong mense.”Foto’s: BASIL DAVIDS

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters