6 maande gelede
DA deel sy plan vir SA
nqaba bhanga FOTO verskaf  ~ 

DIE DA is die enigste party wat Suid-Afrika ’n korrupsievrye toekoms kan bied.

Die mense van Nelson Mandelabaai, en veral die noorde­like gebiede, het te lank gely onder die korrupte aktiwiteite van die mislukkende ANC.

Voordat die DA in Augustus 2016 die NMB-administrasie oorgeneem het, was die metro se finansies in verval en die lewering van basiese dienste nie ’n prioriteit nie.

Die DA het NMB finansieel omgekeer, korrupsie beveg en basiese dienste bespoedig.

Sedert die ANC se koalisie van korrupsie die Stad in Augustus 2018 oorgeneem het, is byna alles wat deur die DA opgebou is, tot niet gemaak.

Die korrupte ANC het onmiddellik weer staatsgeld begin eet – ten koste van arm mense oor die metro heen.

Dis nie meer ’n politieke party nie, maar ’n stelsel wat begunstigdes bevoordeel. Die stelsel het die ANC-trawante in leiersposte bevoordeel ten koste van miljoene Suid-Afrikaners.

Dié benadeelde Suid-Afrikaners lewe in volslae armoede.

Die DA sal korrupsie en staatskaping uitroei deur:

  • die skep van ’n nuwe en onafhanklike anti-korrupsie- eenheid met genoeg hulpbronne; spesialis-aanklaers en -ondersoekbeamptes sal ook in die eenheid aangestel word;
  • die instel van ’n 15-jaar- vonnis vir openbare verteenwoordigers of staatsamptenare wat hulle aan korrupsie van meer as R10 000 skuldig maak;
  • seker te maak openbare fondse word op ’n deursigtige manier bestee;
  • direkte verkiesings vir alle politieke leiers te hou sodat Suid-Afrikaners hul president, premiers en burgemeesters direk verantwoordbaar kan hou;
  • die doen van gereelde leefstyloudits vir politici en regeringsampsdraers;
  • “whistle blowers” wat korrupte aktiwiteite uitwys en aanmeld, te beskerm en aan te moedig; en
  • gelyke toegang tot jobs te verseker deur die korrupte “sex-for-jobs”-praktyk te pak.

Stem op 8 Mei vir die DA om korrupsie die nekslag toe te dien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters