2 maande gelede
Cops, OVK ‘reg vir stemdag’
PROSES BEGIN VANDAG: Alles is in plek vir die verkiesing. FOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

DIE Oos-Kaapse polisiekommissaris sê die polisie is gereed om genoegsame lede in die provinsie te ontplooi om te verseker die verkiesing verloop vreedsaam.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga het lede van die publiek die versekering gegee dat sekerheidsmaatreëls in plek is om ’n omgewing vir ’n misdaadvrye verkiesing te skep.

Volgens haar is cops sedert gister ontplooi.

Daar is 4 791 stemlokale is in die provinsie.

Sy sê sekere areas is as hot spots geïdentifiseer.

Dié is verdeel in lae-, medium- en hoërisiko­gebiede.

Ntshinga versoek kiesers om nie wapens na stemlokale te neem nie en om te alle tye die instruksies van die voorsittende beamptes te volg.

Volgens haar gaan die polisie geen vorm van misdaad, intimidasie of oproerige gedrag, insluitend dronkenskap, by stemlokale duld nie.

Aansoeke

Kayakazi Magudumana, die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se provinsiale verkiesingsbeampte, sê die OVK word verplig om te verseker dat almal wat geregtig is om te stem dit vryelik en regverdig kan doen.

Sy sê die OVK is gereed om te verseker dat alle geregistreerde kiesers in die Oos-Kaap hulle kruisies tussen vandag en Woensdag trek.

Volgens Magudumana het die OVK vanjaar baie aansoeke vir special votes gekry.

Sy sê alles is in plek om te verseker al daardie stemgeregtigdes kan hulle kruisies trek.

Om toegang tot die regte dokumente te verseker, sal die departement van binnelandse sake van vandag tot Woensdag sy werkure by al sy frontline-kantore verleng.

Oorstromings

Dít sal stemgeregtigdes help om hulle identiteitsdokumente te collect om te stem of om aansoek te doen vir nuwe identiteitsdokumente of tydelike dokumente.

Sy het ook verwys na hulp vir kiesers wat hulle ID’s weens die oorstromings in dele van die Oos-Kaap – spesifiek Port St. Johns – verloor het.

Volgens haar is die departement van binnelandse sake hard aan die werk om seker te maak dat dié kiesers die regte dokumente bekom om te kan stem.

Die departement sal voortgaan om te help met die uitreiking van tydelike identiteitsdokumente aan diegene wat deur die vloede geraak is.

Die departement doen om dié rede ’n beroep op kiesers om hulle smart ID’s of groen ID-boekies te kom afhaal.

Binnelandse sake se werkure gaan ook verleng word na 08:00 tot 19:00 om te cater vir stemgeregtigdes wat dié dienste op die twee spesiale stemdae benodig.

Dit bied ook die geleentheid aan ander burgers om hulle identiteitsdokumente te gaan afhaal as hulle dit nog nie gedoen het nie.

Home Affairs se front­line-kantore sal op die dag van die verkiesing van 07:00 tot 21:00 oop wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters