Verlede maand
Ace en ANC kap jeugliga
Ace MagashuleFoto: netwerk24  ~ 

“NIE in my naam nie.”

Só het die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, gister gesê. Hy het gereageer nadat die ANC-jeugliga in die Vrystaat mense gevra het om die boek van Pieter-Louis Myburgh, Gangster State: Unravelling Ace Maga­shule’s Web of Capture, uit te brand.

Die boek is Dinsdagaand in Sandton bekend gestel, maar ANC-lede het verrigtinge ontwrig en skade aan die winkel aangerig. Magashule het hom gedistansieer van die gebruik van geweld en gesê daar is kanale om te volg.

“Ek het aan die ANC gesê ek beplan om regsaksie in te stel.”

Ondermyn

’n Woordvoerder van die ANC se jeugliga in die Vrystaat, Sello Pietersen, het gevra eksemplare van die boek en enige materiaal wat die verlede represent – soos die ou landsvlag – moet gebring word om uitgebrand te word.

Dié planne is deur die ANC veroordeel: “Dit ondermyn vryheid van spraak en die vryheid van die media.”

Die boek gaan oor hoe Magashule “aan die hoof gestaan het van ’n georganiseerde staats­kapingsnetwerk” in die Vrystaat. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters