11 dae gelede
Zizou dalk Red Devil
ZINEDINE ZidaneFoto: getty images  ~ 

ZINEDINE Zidane het gerugte aangevuur dat hy die leisels by Manchester United­ kan oorneem.

Die naam van die 46-jarige gewese bestuurder van Real Madrid duik al geruime tyd op om die ongewilde José Mourinho by Old Trafford op te volg.

Zizou, soos die Fransman genoem word, sit sedert Mei sonder werk nadat hy die Los Blancos tot hulle derde Champions League-titel in ’n ry gelei het.

In sy twee en ’n half jaar by Bernabéu het hy ook ’n La Liga-titel gewen.

Zidane het die sokker­wêreld geskok toe hy summier bedank het.

Die afrigter, wat tans met sabbatsverlof is, het gesê hy sal net vir “die regte job” terug­keer.

“Ek sal beslis terugkom as die job reg is, want ek geniet dit,” was sy reaksie.

Luidens berigte in die Engelse media is United se hiërargie gretig om Zidane se dienste te bekom. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters