5 dae gelede
Xavi móét nou Bayern ore aansit
Xavi Hernández  ~ Getty Images

XAVI Hernández, Barce­lona se nuwe bestuurder, is vol vertroue dat die Spaanse span in Duitsland met Bayern Munich in die Champions League sal kan afreken.

Maklik gaan dit egter nie wees nie, veral nadat Barcelona Dinsdag erg gesukkel het om op sy tuisveld met Benfica van Portugal af te reken.

Die spanne het in die Camp Nou met 0-0 gelykop gespeel.

Teenaanval

Die Catalans was eintlik gelukkig om iets uit die stryd te kry, nadat die besoekers se Haris Seferovic laat in die wedstryd ’n sitter gemis het.

Hy het ná ’n teenaanval die Barcelona-doelwagter geklop, maar toe die bal verby die leë doelhok gestuur.

Xavi se Barcelona móét nou met Bayern Munich klaarspeel om seker te maak dat hy sy plek in die volgende ronde bespreek. AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters